Ink-wellusteling
Die diggewoonte is diep ingewortel oor hoe ons liefde nooit sal verflou, sit ek met welverdiende pen al my gladloopwoorde op jou beminde verse ruikend na die lamp vir jou altyd die blinkkant bo hou altyd die sonnigste kant vertoon jou liefde wys my die lewe se ligte kant Zebulon Kochk Silwer
Wie is ek? ‘n Outobiografie
My lewe is saamgeflansde potskerwe. Elke skerf ‘n letsel wat probeer om ‘n plek te vind in my lewenskruik. My geboorte is gehul in vrae … wie is my pa? Die vraag met baie antwoorde, maar tog bring nie een vertroosting nie. En daarom die rede vir die vraag: Wie is Ek? My eerste onthou […]
doekvoet se kind
– doekvoet se stappie kraam houvas aan jou lewe jong dalk word jy kos vir ou-jong daar tussen riete geraam – snags wei katte in sprong duik hulle suisend en jaag sag bekruip hul jou traag vroeg blaas dikkop sy long – in vuur is jou lewe vaag tragies verdring die mens tyd om dan […]
Jy is die rede waarom ek skryf…
Ek lees jou in elke sin as woorde vorm en ‘n gedig begin ek hoor jou stem ego op papier en ek weet God het jou vir ‘n rede na my gestuur. Jy is die rede waarom ek skryf en ek wil graag vir jou wys dat my hart net klop vir jou wanneer ek […]
Engel in wit Silwer 544 woorde
Dirkie laat sak sy kop op sy arms. Dit is nou al die derde dag wat die moegheid hom somerso teen die eerste periode oorval. Hy wip regop toe Juffrou Pieterse se stem vanaf die swartbord weergalm. “Dirkie Steyn” Haar oë vuurpyl in sy rigting. Die liniaal beweeg wild heen en weer. “Sit onmiddelik regop! […]
Toneel
Onverklaarbaar soms die dinge wat mens onthou en watter tonele jy naby jou hou: die duidelike klank van iemand se voetstap hallusinasies wat deur jou kop rondtrap Ek onthou nog die vreemde gevoel die aanraak aan die voorkop, reeds aan’t afkoel hoe onverwags sag die welige wenkbrou hoe kragloos klein die hand wat ek met […]
laars
– girts-garts trap die laars opgerits tot bokant die knie slof-en-stap uithou stap – swaar gelaai skouers vas toegerits tot bokant my ore krom-gedra klam gesweet – verbewe lê jy nou daar ingeweef in kalkrantsloot koue te verbeur snags – fiks tot oor my hoof niks of niemand gestuit voor niks knie gebuig – sit […]
My bêre boksie …
Soms wens ek ook vir ‘n bêre boksie wat ek styf teen my kan vasdruk ek sal al die mooi daarin sit ‘ n stukkie van my lief-mense en wanneer ek erg verlang kan ek die deksel oplig en kyk… . Maar my bêre boksie is in my hart dit gaan ook eendag oud word […]
Handjies af!
(woordtelling 1096, Silwer) “No matter what you do, someone won’t be pleased. Someone will think your choices are wrong. And someone will tell you what you should do instead. No matter which path you take, someone will seem to be doing better. Someone will have more than you. And someone else’s life may look more […]