Ek is mens
Ek is mens. aan mekaar geweef deur God se eie hand, perfek soos die hele skepping. maar ek is mens. Ek raak kwaad want ek mag ek is soms ook op moedverloor se vlakte ek lag vir klein dingetjies en huil oor kleiner dinge omdat ek mens is. Wanneer die lewe druk wil ek ook […]
‘n Eenvoudige gebed
Here, vanoggend bid ek ‘n doodgewone krom en skeef uit die hart uit Gebed. Ek bid vir my gesin waar ek voel ek faal hulle partykeer dat U hulle sal omvou met liefde so groot. Here, hoor my gebed vir elkeen wat familie is beskerm hulle elke dag maak hulle standvastig in U. Job het […]
groteske britanje
– hoe het die helde geval skarlaken drag en helmet op deurweek met gierigheid se lus het hulle die wêreld geblus gestroop van goud en klip verguis en vermoor elke opponent se eggenoot en nasaat – gister se helde, vandag se drek selfs nie eie prinses gereken stroef en bars met elke slag steeds bar […]
Kintsugi lewenskruik
God is die pottebakker ek is die klei, met sorg voorberei met sagte hande word ek gevorm met slymskerp voorwerp afgerond, geskape na Sy beeltenis, om my lewe aan Hom te wy. Maar my lewenskruik se klei in ‘n wêreld van onstuimigheid vasgevang word deur lewenswinde verweer en krake vorm, dreig om te verbrokkel sodat […]
Pêrels van Trane
Interteks van Vollenweider “My cup runneth over” Pêrels ‘n Boepenskoppie oorlopens vol vreugde, blydskap, geluk of liefde open die vensters van my hart laat pêrelspoortjies oor my wange loop: “Rain in the cup of my life Drops of rain in the cup of my life”. ‘n Weemoedswind wat hartseer waai as lewe sy verkeerde kant […]
Komeetverwyderd
Stippel opgemerk Kol kom al hoe nader Komeet verskyn Kop en stert Kop sonder oog in die ruimte stert sonder murg maak wye draaie ken al die planete laat geen spore vryval deur die heelal Komeetverwyderd te min Sondevergifnis so ver as Oos na Wes @Lenel
selfstandig
– ek hou van ‘n man wat sy man kan staan digters speel met woorde verplaas onvergeetbare gedagtes om vir dekades in enersdenkende breine te kan dien as norme vir die uitstaande wie sal (bly)staan as die vuur kom wie sal self-standig kan aanhou sonder aardse hulp of raad slegs met Hom as rots waarop […]
Geleende Veer
Skouspelagtig daag sy op pragtig afgerond geklee met ontwerperskeur en fleur asemrowend tower sy die feëverhaal met geleende veer Valse waarheid glasskoen verloor tinktinkie-lelik en onafgerond sonder geleende veer @Lenel
Ontsluit die poort na jou hart (Silwer)
O, beminde van my … ontsluit die poort na jou hart, lei my oor blaarbedekte voetpad weg van sinlose liefdesmart. Ontbos die toegerankte skanse, sodat jou oog weer opwaarts gly oopbars deur loofkruin, na hitte van die son. My versugting resoneer klankloos deur ons liefdestuin se windstiltes, slinger na vasklou om verdorde takke, waar my […]