Teleurstelling (Silwer)
Ek stap die pad sleepvoet swaar want die huppel in my wandel het teen versetberg verstar. Waar eens sonskyn en vreugde was lê nou slegs ‘n paar korrels as. ©Driekie Grobler
soos grond
– bakstaan agter vier osse rooi met wye horings afrikaner-osse met krag vastrap seun, die son trek water draai kort daar net voor die boom van kort-draai na watertrog van inspan na uitspan dagbreek tot sononder ruik ek die grond in sooie se val reuke van lewendige grond – ©Teãrlach
ʼn Onvoltooide vers
ʼn Onvoltooide vers gehurk en geboë hangskouer takke kaal skurf skuur verlang as die yskoue gryswind ʼn fluister-neurie draal en ek wil jou soos ʼn kombers om my vou die laaste bloeisel-bloei is bitter-soet toe staan ek op met ʼn handvol kaalwoorde en draai verwese om van ʼn Onvoltooide vers en daar val woorde op […]
November – 500 woorde
November – ’n warrelwindmaand aan die einde van die jaar. ’n Maand wat jou amper onverhoeds betrap, want hy voorspel Desember, vakansiemaand, krismis. As ’n mens aanvanklik aan November dink, is daar eintlik niks wat jou opgewonde maak nie. Ja, dis nog lente, maar nie meer ‘heerlike lente, die winter’s verby’ nie. Ook nie die […]
Nuwe dag
Nuwe dag nuwe geleentheid. nuwe uitdagings gryp daarom die dag met al twee hande aan. Gister is amptelik verby daarom kyk nie terug nie, want aan gister kan jy nie verander nie. dit is vandag wat saak maak. Môre is slegs ‘n belofte totaal onbekend daarom leef vandag voluit – vandag is ‘n werklikheid.
Skenk
die fees is dik as mae warm vol is velle in wol verwoel is die oes is ongevra oorgedra dit is wragtig skenk op die werkrant staan ń swaar dorsmasjien die oes nou vinke kos eie huis en haard in ń kaal leegte onbesone is gee oeste verlore vir geër skuldige ontvangers vreet dun verspreid […]
Nommerpas
ek haat syfers getalle nommers dit klink soos lewwetrie brommers niks van dit maak vir my sin maak nie saak hoeveel maal ek oor begin my klein brein kan net nie strek tot waar kos sin en tan salig vrek tog werk ek met een plus een is een want so weef jy wonderwoorde aaneen.
Waar Liefde Begin
Hoofstuk 1 — Chaos op ʼn gewone dag Dokter Laurie Kilber is gewoond aan chaos, dié soort chaos wat siekte en dood by ʼn ongelukstoneel of in ʼn hospitaal kan meebring maar daar is niks in dié dag, ʼn normale dag, wat haar kon voorberei op die chaos waarop sy in haar sitkamer sou inloop […]
My seisoene se laslappieskombers
Laslappieskombers ek stap deur die oop deur en gaan lê op my liefdeslaslappieskombers nooi jou uit om saam die vier seisoene van my lewe te vind … kom lê op my liefdeslaslappieskombers kleurvol geborduur deur die vier seisoene van elke jaar wat hang aan die hemelmuur en pluk die somer blommetjies pienk en wit herfs […]
Reënboog na die reën
Reënboog na die reën Vers 1 hier staan ek in die heerlike reën hande dankbaar uitgestrek na die hemelseën met ‘n dankbare hart wat dankie klop die perskereën uiteindelik stop elke druppel wat op die aarde val loop ons plaasdam na jare oor sy wal die windpomp dans wild saam in die reën dans ek […]