Tuis in my eie huis (Silwer)
Die rots waarteen my binnebranders klots het met jare erodeer skandeer nou tekens van ‘n lewe geleef deur geloof wat daagliks streef na hoop. ‘n Lewe mosbegroei aan twyfel en kwellings (oor reg of verkeerd) met ‘n vaste wil om alles te deursoek die waarheid te wil weet. ‘n Wese diep geraak (aardskuddend gekraak) deur […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 9
Poort van die Heuning Bye(H9) Lenie het die huishouding van Kobus oor geneem. Sy kook vye konfyt op die houtstoof en bak beskuit, maak droë wors en biltong vir die wis en onwis indien daar ‘n kommando lid opdaag. Die Swaeltjie huis van Kobus is ongepleister buite en binne, maar die ruwe klippe gee ‘n […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 8
Poort van die Heuning Bye (8) Die hoeke van die kombuis is vol donker skaduwees. Die hout stoof se vlamme is sag en geel, die koper water tenk is blink gevryf. Tilda laat haar oẽ gaan in die rondte, wat hou die toekoms vir hulle in? Hierdie oorlog is nie van die Noord Kaap nie? […]
verbrokkel
– wanneer ouderdom die veneer van hoogmoed begin aanval en krake verskyn kom die ewige verskonings in aanvalle tevoorskyn – valse trotsheid oor rykdom en eer wat ander besmeer het met armoede en seer is ‘n kanker vanself – die jare wat tel is die oudword-jare voor deure van die hel trotsheid verbrokkel en word […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 7
Poort van die Heuning Bye (7) Die Perde draf op ‘n egalige pas. Oom Kobus hou die leisels lossies in sy hande terwyl hy sy pyp stop uit die Magaliesberg tabaksakkie. Hierdie tabaksakkies knip haar Moeder oop en bleik dit en sy werk dit netjies aan mekaar vir sagte afdroog doeke in die kombuis. Tilda […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 6
Poort van die Heuning bye (6) Die vreemde man op die perdekar klim af, geklee in ‘n sagte geruite egte wol baadjie, met ʼn donker bruin broek en ‘n sag rooi krawat om sy nek sy bruin skoene is soos haar Pa se kerk skoene sag en blink. Hy stap om die perde kar na […]
boude en blaaie
– skraal is hy, maar ses voet ses staan hy stadig op van sy knieë die rooibok oor sy skouers gebind so stap hy teen die rante af tot waar sy waentjie staan niks van bakkie-jag vir hom niks van hande wat moet dra niks van rituele en disrespek vol deernis vir skepping van God […]
Skarrelkind
Skarrelkind My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie. Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar maar die vensters is toe. Nou […]
Poort van die heuningbye – Hoofstuk 5
Poort van die heuning bye (5) “Tilda sal jy asseblief ‘n brief kom afneem” Sy neem haar nota boek en ook die brief van kennisgewing die sy alreeds vroeg voor werk getik het en alreeds netjies in ‘n koevert gesteek het, dit is goed dat Mnr. Mc Gie haar roep, want dit gee haar die […]