Die Geskenk (Epiese gedig)
Die geskenk (Epiese gedig) Die Hemel se Koerier klop aan die deur van my hart ‘n pakkie vir my? met my naam daarop? die woorde daarop eggo deur my gees “ so lief het ek jou; hierdie pakkie is My geskenk aan jou” oorkruis verbind ‘n pakkie met rooi lint ek maak dit versigtig oop […]
Kreukels
Kreukels ons harte praat nie meer spasies tussen jou woorde en my sinne het verweer vergestald in leë akkoorde gepaarde rym en omarmende rym verdwyn gekruisde rym en gebroke rym verskyn ek voel nog wanneer jou hart klop maar jou siel is dood naïef sê ek nog vir myself: “The soul has been given its […]
Haar onskuldigheid
Elke aand dieselfde storie, Hy in sy volle glorie. Sy wat hom smeek, diep binne is sy so gebreek. Hy is besig om te vat haar onskuldigheid, Sy word groot voor haar tyd. Sy huil en smeek hom om op te hou, Diep binne voel sy hoe die seer en haat opbou. Sy voel tog […]
Die ysige nag
My plekkie in die son, So moet mens bewys wat mens alles kon. Met my hartjie in die winter skadu, ysig en koud, Alles so lank en eensaam soos ‘n woud. Die son wat stuk, stuk deur die boom se takke skyn, Wat die ysige koue so bietjie laat verdwyn. Die blare is al almal […]
Liewe moeder Liewe Moeder Natuur (epistel)
Liewe Moeder Natuur (epistel) orden my denke om in my handel en wandel deur die doolhof van hierdie wêreld jou skoonheid te metronoom binne die sonette waarvan jy droom … idiome vir jou te weef binne die stylfigure van jou reënwoude vleilande riviere strome watervalle ritme vir jou te komponeer binne die rympatrone van die […]
Sy is al wat ons het
Sy is al wat ons het … luister na Moeder Aarde se fluister in die morsekode van die wind haar trane miswolk in die suurreën oor die reënwoude van haar oë lees haar boodskap in die bryl-trane van die reën wanneer sy voete dwarrel-spoor oor die sand van haar dorsland hoor die sug in die […]
Wraak
Wraak. Ek lees dat die grootste wraak is om dit te bereik wat ander gesê het onmoontlik is. Wat van jy lewe so dat jou afwesigheid ‘n swaarder las is. Solank wraak deel bly van jou siening, ongeag die konteks, bly jy ‘n slaaf vir die wêreld en sy opinies. Perspektief op die wêreld is […]
Samesyn
Samesyn. Gun mekaar die reg om te lewe maar moenie so toegewend wees dat jy misbruik of mishandel word nie. Gun elkeen sy siening maar moenie so oopkop wees dat jou brein uitval nie. ©VonVillon
goud vir hout
goud vir hout in my vir jou ‘n vlam brand ewig onuitblusbaar brand ewig, vurig warm vir my vlammelig skyn ewig helder, skerp skyn ewig witlig, eg in my vir jou storms dreun ewig onbedaarlik dreun ewig dondertoorn en vir my stormreën stort ewig louterskoon stort ewig suiwerrein ©VonVillon