KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
omdraai
– uit die verlede groei daar die hede alles vergewe en vergeet – op die ou plaas daar by die moerbeiboom daar het ek lewe gevind soet en pers op my tong – lewe was soms saai telkens die ewige koebaai tot daardie jaar op kromdraai wat gelei het tot omdraai – van voor begin […]
wys
– tussen fynbos en duine verdwaal my siel soms baie erg verstaan ek nie altyd waarheen my lewenspad my neem nie – tussen droë sand en blomme verwaaide gedagtes van weleer verval ek soms in die verlede en oordeel ek opnuut – tussen wysheid en verdwaas wees lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid om die […]
Huis (goud)
In hierdie huis waar ons kom lê en soggens ons gebede sê is daar vele kamers van belang maar net een waar ons ‘n lig moet hang. ©Morné du Preez
Exodus van ‘n stadskind (goud)
hoeveel keer moes jy jouself verskeur dapper stapper stadskind? vir die omkeer voor die verweer voor fakkels van vergeet in die verdowende rinnewasie … bemors is jou stad en besoedel jou hart van swetswonde tussen die gejaag en letsels van ‘n tong wat skuur aan uitgedroogte lippe- want jou dorstigheid jou sielloosheid is die rotte […]
geknakte fluit
– die melodieë wat uit jou vloei versag die harte van konings dit neurie aan deur die eeue – geknak is jy en weerloos nou lê jy op die sand van die lewe reg om weg gegooi te word – lap en plak ons mense jou sagte woorde van empatie wat jou nooit weer laat […]
leë hande
– hande vol goud sakke vol eiendomme geheue vol wêreldse kennis alles mense-dinge met nul waarde so dryf ons op die wolke van sonde elke rots van ons geloof gekraak en met die mag van die wêreld uit die pad geskuif en vergeet so leef ons in ons bravade ook in hierdie mooi land wat […]
Hemel soene
Hemel’soene ❤ ‘n Vrou se wese, haar vrese, haar pyn maak haar geloof net sterker Sy is soos ‘n blink diamant, wat jou met wysheid sal lei Soos sonsopkoms, die skoonheid van elke nuwe dag wat glimmend op haar wange skyn🌅 ‘n Briesie met dagbreek, so weerloos is ‘n vrou se binnekant Soms kry sy […]