Die reëngodin
Die reëngodin gooi haar spierwit mantel om haar lyf Sy gaan staan op die hoogste berg, en wag vir die reën Sy voel hoe die ekstase in haar opbruis, toe die eerste druppels skaam-skaam met ‘n soen oor haar lippe streel Soos hemel’sagte trane rol dit teen haar wange af Sy gee haarself oor aan […]
Ons is merkwaardig (Brons)
(Vir Vrouedag) Aantal woorde: 269 Dis Vrouedag, maar vir my voel dit presies dieselfde as enige ander normale dag. Niks besonders anders nie. Slegs die feit dat dit ’n publieke vakansiedag is en ek vanoggend nie (soos gewoonlik) vroeg uit die vere hoef te verreis om my kinders na die dorpskool te neem, heeldag in […]
ut nulla cupiditate afficiatis
– mooier as lewe is sy emosies raak verdring my hart gee bokspringe al was dit reeds oop gekerf mooi en rein bly altyd mooier saggies en teer soos ‘n veer bewaak tog my hart o Heer teen versoeking wat soek teen emosies so ongetem dit wat gedagtes ontstem elke gruispad se klippers wat my […]
Die verlore seun
Ek gee vir jou ‘n potjie heuning om jou woorde mee te salf, ‘n purper koningskleed en ‘n vetgemaakte kalf. ek gooi my arms oop vir jou kom en maak jou tuis, kom maak vir jou ‘n woning in die kamers van my huis die kaggelvuur is aangesteek om jou koue te verdryf kom nestel […]
Kom huis toe
Ek wens meteens agter stil mure jy was nog híer om met jou sagte stem wat die innigheid het van skemer-motreën of kleurvolle verse om reënboë oor my dae se vaalte te span want net jy kan. © Zebbie Silwerklas
Alfabethuis (Silwer)
My gedig is ‘n huis met baie kamers om in te ek alle woorde is welkom om in te kom want die klok tik die mooiste as ek gesels op my sagte bed dís tog híer waar die liefde lê wat meer wil mens van die lewe hê. ©Zebbie
Les Misérables
– selfs net die naam laat my verstom om te lees is ervaring en lewe self nooit voorheen het ek dit ervaar asof my eerste liefdeservaring lees stadig omdat elke sin heuning vir die siel is – die bevolking is ‘n bejaarde Narcissus wat homself aanbid en die alledaagse toejuig daar is meer blydskap in […]
Alle paaie lei huistoe
Hier, na die eenvoud van my heimat het my spore teruggekom in die mandjies op my voorstoep het ‘n somer bont kom blom ten spyte van die son se skroei het die apiesdoring geel gebloei in die branding van die woestynwind het ek omgee vir myself gevind in die koelte van die wildevy het ek […]