DROOMBLIKSEM!
DROOMBLIKSEM! Wag, moenie gaan nie! Maar jy doen dit wrágtag weer. Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie, jou REM-ritme bedwelm als heen en weer. Saans pers jou wit pille vol beloftes my af: skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit. Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf … […]
Universiteit Eetsaal
tande sny brood maal oppervlakkige smeer in sluk, verteerbare stukkies wat afsak as tydelike energie vir onmiddelike gebruik oë flits oor skerms pik foto’s gier gebaseer kortekse* neem uitfokus fotos warboel data geskomel tot control-alt-delete** oupapier geel tande herkou gister inligtingsbronne huidige giere versonke in ewigheid data vermolm tot wysheid vir ewige gebruik plooi belope […]
dis-assosiasie
– meeue gesels met mekaar in skorre taal vertel hul aan almal hoe moeilik die lewe van ‘n meeu is kouefront se wind skreeu deur stegies van nuwe en ou geboue en wit geverfde mure van vroeg tot laat klink harde taal op van mense soms barbare, wat gehoor wil wees in hul eie kultuur […]
Ontploffing!
Ontploffing! Ek sit rustig voor my rekenaar en werk soos gewoonlik gedurende die dag. Mens kan voel die somer is op die horison met die swaar drukkende weer wat om jou laer trek. My selfoon is oudergewoonte ingeskakel by die krag van die rekenaar om te herlaai. Ek kyk by die venster uit en die […]
dun rooi lyn
– eiegeregtigheid bou op gewetensbeswaardheid neem af die dun rooi lyn word oorgesteek daardie dun rooi lyn wat bebloed die grense aandui tussen wat sin maak en ewige verderf – tussen barbare leef dit selfs by hulle in dna versteen geplaas met onomkeerbare waarheid die verskil tussen reg en verkeerd al het hul geen woord […]
grense
– my siel sweef oor alle grense heen dit ervaar dit wat was, dit wat is en dit wat kom ongebreidelde informasie wat uitloop op inligting elke hoogtepunt, elke laagtepunt in my visie word verwerk en geklassifiseer tussen verstaanbaar en onbekend – wat vir my mooi is, is dalk nie mooi vir ander mooi is […]
Spookvoel
Spookvoël Geskryf deur Fanus Strydom April 2022 Woordetal 1550 Malaconotus blanchoti Gryskoplaksman Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby. Hy word selde gesien. […]
haan in vlug
– stadig draai in sy verhewe vlug swart en bruin sy donker kleur skerp priem sy oë die blou lug eenvoudig snel sy prooi se val – trots sit hy op die droë stomp wit en swart sy helder kleure hard weergalm sy wye roep ‘n roep van vryheid vir afrika – skerp-en-skor die roep […]
Afvallige
Geskryf deur Fanus Strydom Reëltelling 12 Vasgestelde rympatroon Afvallige oop lê die sandvlak en uitlokkend voor my weë wasig en verlate die horison se lyn toe vir my om díe verbode grond te betree verraderlik en dwaas ten spyte van my pyn oop onder my voete tuimel die kranse na benede gulsig om my vir […]