Liewe Job
Terwyl ek so lees van jou daar op die ashoop met die sere en alles wat sleg is wat met jou gebeur het en jou vriende wat dalk nie op die manier praat wat jy wil hoor nie, het ek dit op die hart om vandag dít vir jou te sê en sal jy my […]
Marionet aan ’n toutjie
(Woordtelling 1017) Dit is hoogs uitsonderlik dat ʼn persoon nie liefde wil hê of nie deur ander aanvaar wil word nie. En om ʼn maat te hê wat ondersteunend, vriendelik en lojaal is en werklik onbaatsugtig omgee, is nie abnormaal nie. Maar, wanneer die euforie van die wittebrood verby is, en die lekker dae in […]
Huisbesoek
‘n Monument aan die Liefde. Geskryf deur: Fanus Strydom Woordetal: 3 903 Die wewenaarseisoen van dominee Frederik Postumus Van Graan, was van korte duur. Onverwags. Skaars gemaklik met die dra van swart, op Sondae was van die ouer dames in die gemeente, of dinge verander. Onverhoeds. Én, te midde van ‘n buitengewoon-hetige Laeveldsomer. ‘n Sware, […]
Ode aan Guppy
(Woordtelling 1006) Ja, dit is nog steeds daardie arms vol groot, swart, lawwe hond wanneer ons van die liefde praat, want wie kan ‘n mens se hart so vierkantig vol sit soos ‘n troeteldier? Daardie een wat ons eintlik nie wou gehad het nie maar wat my lewensuitkyk net ongelooflik verbreed het. Cesar Millan het […]
Betogers
kele oopgerek stemme oordonder ore moeë gesigte onder glimlae verberg oë elders swart vrydag vort bemark dieselfde materiaal klere kakie uniforms netjies plat gestryk party gesigte op regalia geprint alles goedkoop China gemaak getroue gelowige ondersteuners op basiese oorlewings vlak hul honger net genoeg brandstof vir môre se uit te reik na nog, ń vader […]
Ek skilder jou – Katergorie – Goud
Ek skilder jou Ek skilder jou, nie in skoonskrif op papier nie want jy sou nooit binne lyne pas nie. In onbevange kwashale verf ek op ‘n doek, sonder buitelyne. Ek liefkoos jou in blou, die geil golwing van jou hare die keping in jou ken en die lyning langs jou mond word my liefkosing. […]
Ons liefde was so ryk – Afdeling Goud
Ons liefde was so ryk Ons liefde was ‘n tafereel teen die hemele geverf lank vooruit bepaal in die legkaart van die lewe soos die ophelder van vergete ou herinnerings verstrengel en vergroei reeds in hart en siel en strewe. Ons sou ‘n leeftyd nodig hê om als weer oor te sê gedigte vir mekaar […]
My romantiese afspraak
Dis Februariemaand. Blykbaar die maand van die liefde. Hoe romanties! Hoe lekker dat hulle ‘n maand aan die liefde afstaan. En tog, hoeveel van ons doen regtig iets spesiaals om hierdie maand te vier? Ek moet erken dat ek gewoonlik sommer net so terloops iets doen net om nie heeltemal niks te doen nie. En […]
SIELSVERVOERING (goud)
Wanneer ek weer sterre pluk wil ek jou skelm saamsleep met uitgestrekte hande silwer stringe om jou heupe snoer sodat jy saam kan sweef sonder dat iemand ons ontsyfer of ons astrologies probeer ontleed wanneer ek my planete aan jou lippe hang. © Feb 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde