Sou my huis kon proe
Sou my huis kon proe Soos my ouma sin! Koester klamme beskuit Snoesig in doeke gewin Beskermend om arm Die geur van kaneel Veilig en geborge Waar alle seer weer kan heel. Ons hulp het verrys Uit die reuk van skaapboud en rys Gesondheid gegun Uit die meer – nie die min Melktert en souskluitjies […]
Net in droomland
Net in droomland Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui teen asemrowende indigo verby beweeg Wanneer neonligte verdoof en duisend spikkels blink in die hemelruim spog Wanneer die paddakoor lostrek deur kriek se vlerk viool begelei raak jou ooglede swaar en jou asemhaling reëlmatig […]
Liefde deur U oë
Geweeg en te lig bevind vir die geloof as ek so na U lewe kyk my Heer… lankmoedig en vriendelik onselfsugtig oorgegee aan die skare foutloos en vlekkeloos Hoe en waar het ek my hoop verloor – ongevraagd myself verhoor om te vind ek’s leeg en my binnegoed vol paljas? Laat ek soos ʼn verlore […]
Klank Grens
pylstele hang aan ses drade biltong stukke vasgehak met vreemde punte, klankloos droog in die wind vasgevang op papier die musiekstuk note strak gerankskik sit draad, voëls op hok sonder enige sang sinapse spring hamertjies kap perde hare krap koper lippe klap papier notasie na klank biltong ledemate dans
Vuurhaarkind (Goud)
sy was die dryfhout vuurhaar visserkind aangewaai deur die weskuswind toe die son se swaai sy septer deur haar rooi rooi lokke blaai het sy skalks om die hoek in ‘n huppeldans voor my toekomsdeur kom draai “fyn spoortrapper in die brandersand al die pêrels geskulp in jou ragfyn hand tot die maan se skyn […]
Poskaart (Engelse sonnet) (Goud)
sal jy vir my ‘n briefie skryf (per hand) dat jou onthou my tasbaar by kan bly en nie sal wees soos spore in die sand wat wegwieg soos ‘n gister hooggety stuur ook van jou gedigte asseblief bevry my met ‘n minnemetafoor kom steel my met die hande van ‘n dief bedig my in […]
Amor Agape Silwer
gevorm uit die braaksel van ’n psigopaat in die buik van ‘n hoer ’n genoom volmaakte chromosoom verdeel en vermeerder deur die liggaam uitgewerp verwerp soos opdrifsel in ‘n donker steeg weggesmyt in ou koerantpapier… tog, met arms wydgesper taai rooi druppend onder doringkroon skreeu U vir jou sterf ek my kind TETELESTAI – Amor […]
My wens: ‘n Hart wat omgee (Silwer)
te midde van onweerswolke en dreigende gevaar rank my drome soos wierook om verwagting te baar te midde van entiteit se vooroordeel en gegis wens ek vir die lewe te vra… dat my oog regverdig sal kyk nie van goeie waardes sal afwyk dat my hand oop sal wees om te gee nie vuisvorm en […]
Die waarde van liefde (Silwer)
My lief, dis in jou oë waar ek my waarde vind en teen jou ore waar ek my hart kan klank in jou vat beleef ek die sin van menswees en deur jou mond word die gehalte van ons liefde steeds deur jare bepaal. ©Driekie Grobler
Bedreigings
Slang ! gryp knuppel, geweer vernietig die plaagbeheer bang slang is alleen in eie broek wat nooit pik slaan die dromme omhels swart tonge dis gif vir muf wyshede