Taai Tamaletjie
Gradering: Silwer Woordtelling: 320 Ek verstaan hoekom die manne maan toe gegaan het. Ek verstaan Aardrykskunde, en ek verstaan so ‘n ietsie van Wiskunde, behalwe as dit by kos, sin en tan kom. Maar as daar nou een ding is wat ek rêrig niks van verstaan nie, is dit die Liefde. Liefde, soos dit vir […]
Liefde is..
Gradering: Silwer Woordtelling: 338 Liefde is die onderwerp van liedjies dwarsoor die wêreld. In Afrikaans dink ons aan Ballonne gesing deur Janita Claassen waar liefde ook as ‘n rooi balloon uitgebeeld word. In die kerk sing ons “God is liefde, juig ons harte”. By partytjies is liefde die Loslappie by wie almal kan gaan lê. […]
Sonder liefde
Sonder liefde is ons niks alleen wees swaar op mens wonder of ons dit kan weggooi wegsteek en selfs verwens Pragtig om liefde in aksie te sien verlief en heeltemal verlore kyk in mekaar se oe” , hersien dan glimlag tot verby die ore Liefde aanhoudende werk aksie nie ophou omgee en bederf Onthou woorde […]
Plakkersvryheid
Getuienis : Gedig Plakkersvryheid geskryf en kortverhaal 7390 woorde GEKOOPTE GELUK met albei visie van wit plakkerskamp te Klerksdorp omgewing. Na skryf hoor ek daar is so kamp. Wou nooit gaan kyk. Word vanoggend uitgenooi om vir Oases of givers te gaan help met poppekas optrede sondag middag te Uitkoms wit plakkerskamp net buite Klersdorp. […]
rondomskrik
– moet nooit jou oë wegdraai wanneer jy langs die see stap nie onverwags kom daar ‘n groter brander wat jou voete onder jou uitlig – om waaksaam te wees is goed dit beteken nie om heeltyd om te kyk heeltyd bang te wees vir die onbekende nie wees net bewus van wat om jou […]
Kuns Uitstalling
op blanko skerms ets gedagte beelde dubbel blind bewys esoteries wys aanvaar opinies vorm op geleesde kennis reklame verwante flitse verval in vooraf geselekteerde kommetaar vee die swart karakters weg negeer enige mollige gevoelens kommersialseer die ervaring vir dag besoekers in een kant leerstoele ń soet kruid reuk professor sigaar rook rys nuwe wysheid die […]
Verkleurmannetjie
Verkleurmannetjie Almal ken die dorp Potchefstroom in die Noordwes Provinsie. Selfs jý wat nou hier lees. Maar ken jy die Kroeg “Dorsland”, aan die buitewyke van Potchefstroom? Wel dis waar ek, Wouter Verster, die kroegman is. Ek is ‘n dertigjarige alleenloper. Ek is ‘n hele vier voet ses, vriendelik van geaardheid, soms oorvriendelik, maar ongelukkig […]
Die blou seer(silwer)
1.Gesigseinder blou alleen in sy stille sfeer dis daar-daar in daai dag toe ek my hart aan jou bemag 2. ‘n duisend keur se gedagtes dwaal doelloos deur; ‘n gewonde gevestige in jou kelders, spreek soos swaeltjies sweef 3.hóe sal jy proe gebottel vir ‘n dipsomaan hengelaar veral as jou hoeke geset is, familiaal in […]
Daar’s ‘n vrou in elke kleur
Soek haar nie in rooi hartjies en langsteelrose nie maar vind haar in die kleure van die veld waar die roesrooi van die duine in boesmangras en skaapbosgroen versmelt as sononder sy kleurespel met wolkformasies deel haar toevou in ‘n josefsjas van lila, blou en gansdonsgeel seël in haar hart met driedoringgom die passie van […]