Goue graaf (silwer)
“bitterbessie dagbreek bitterbessie son …” (Uit Ingrid Jonker, Rook en Oker) Erkenning aan G.A. Watermeyer – Reën in die voorwinter (Let wel, die reël wat ek gebruik het is: my swart haan roep die dagbreek rooi. die dae vou sag om my tog versmoor die nag in swart maar soggens kraai die haan en die […]
sol iterum
stadig skuif hy al meer verder suid net my gevoel bly bibbers op my huid suid-ooster ruk-en-pluk my hart wil baljaar milde reëndruppels sluk vars suurstof vergaar dan glimmer die strale blinkende genade gawe eerste belofte krale lente kom in die hawe Ó Tearlach.
Eensaamheid
Ewe skielik ’n alleenloper min positief baie negatief in die nou poort van e e n s a a m h e i d nêrens harmonie net uitgestrekte donker in dormante lig die bekende heimat nou ’n soewereine seer ©Anita van der Walt
’n Begin
My wêreld tol in ’n warrelwind tregter treusel ek met ’n traan sleurmens wat ek is uitgestrek lê die pad soos ’n welkom mat waar die son skrylings gaan sit sjuut kyk begin net stap ©Anita van der Walt
Junie 2024 – Die onbekende projek – Uitslae en kommentaar
KOMMENTAAR EN UITSLAE JUNIE 2024 – ONBEKENDE PROJEK Baie geluk aan hierdie 10 lede! Wenners GEDIGTE Brons: 17.Retha van Deventer (Piketti) met Hersinskim 27.Anne-Marie Kotzee met ‘n Nuwe normaal 20.Cobus Kruger met Wintersoggend Silwer: 28.Marlene Erasmus met In sagte fluistering 1.Pieter Mostert met Die wiel van’ die digter 23.Cornien Naude met Ons asem bestaan Goud: […]
Die lang dag
(1791 Woorde) “Dônkiebrekvis! En toe gaan haal hy jou bril in die badkamer?” “Ja, my mond het oopgehang” sê Anna. Sy en Betsie drink tee op die groot buitestoep. Ek het hom dadelik geassesseer en sy Afrikaanse woordeskat is beter as wat sommige van my Graad 1’s s’n destyds was.” Anna hou vir haar buurvrou […]
eenvoud
wit skuim borrel oor my voete winterkoue water neem gou gevoel weg verblou en verrimpel staan dit nou skoon verleë op geel sand gister en vandag kom nie saam geen ontmoetings punt in gemeen slegs die onmiddelike verlede wat indruk maak op my lede gister se vriende verdwyn slegs kennisse bly nou […]
KUNSTENAAR VAN JOU LEWE
Ons almal het al snydende woorde beleef wat jou hart in stukke sny. Jy ken ook dan die verslae seermaak gevoel wat jou sprakeloos laat. Dan vra mens jouself die vraag af hoekom mense mekaar so seermaak ? Glo my baie keer gaan krap hul baie diep veral sielkundiges om ‘n antwoord te kry en […]
Die harlekyn: ’n wêreld van maskers en kostuums.
Die harlekyn: ’n wêreld van maskers en kostuums. Het jy al ooit gewonder oor die woord, harlekyn? Dalk het jy al iewers die term gehoor, maar is dit steeds ’n bekende verskynsel in vandag se wêreld? ’n Harlekyn kan ook bekend staan as ’n nar of ’n hanswors. Die harlekyn, daardie kleurvolle karakter met […]
Koue vuurherd
onder die soet maanlig skroei die herinnering van jou blinkvosperd deur my gedagtes en onthou ek jou soene proe van whiskey en tabak as elke noot vals vibreer op jou bokskitaar terwyl die ramkiekie tokkel breek my siel ‘n snaar die melodie van ons weivelde sing sy sopraanwysie as my hart sy skoenlapperdrome […]