Donkerkyker (brons)
innig gestraf is boeie lomp geskaaf soos rouheid strak geraak is op sy brose blad klein word die hartswand glad gevat omdat domtrots struikel met afvlerke en skuiwergat kromnekke daar waar ‘n skouer swart weg kon was swalk pote weg diep in ‘n donker woud tot hardkoppigheid lig word in genadedood 2024 ©Louw-Marie Sauerman
uit(in) hoogste rak
ek gaan haal vir jou ‘n paar woorde nou wat diep kan sny uit hoogste vlak van my geheue stof ek dit af . ek sukkel om te sê wat my hart wil hê krom en skeef die lewe is te kort wat sal word sal ons leef gister is vandag môre moet wag nou […]
Die Durfort Erflating (Brons)
Die Durfort Erflating Woordtelling: 2902 Hy gryp haar hand. “Los my” gil Malika. Sy loer benoud verby hom en gewaar nog ‘n figuur net buite haar wardo se ingang staan. “Ek is nie klaar nie.” sis hy. Malika ruk haar hand uit sy greep en tree terug. Die kers se flickering speel onheilspellend met […]
(my)topia
dié plek van plekke op hierdie aarde in hierdie land waar: mense nog groet mense nog weet wie hul bure is mense nog die Skepper van alles aanbid elkeen nog in sy binneste ‘n gewete voel kwaad nie die goed in mense oorweldig nie liefde vir die self – nie naaste liefde oorheers eenvoudige […]
DIS HOE DIT IS
Die lewe is somtyds onverstaanbaar. As ons siele sigbaar kon wees en nie die duur klere nie het ons mekaar dalk beter verstaan. Ons lewe in ‘n wêreld waar omgee vir mekaar en jou naaste liefhet nie meer deel van die alledaagse norm is nie. Het dinge verander of was dit altyd so dat ons […]
Strandbrief (Brons)
Strandbrief (Woordeskat-spleetgedig) (Met apologie aan Oskar Prozesky – Strandbrief) Glad en skoon soos skryfpapier is loop ek soggens kaalvoet weer al langs die strand ‘n brief vir jou van net die een reël jou see het ek lief. © Taai Bonthuys
SONSTRALE
Vir jou wil ek die son se strale vang en om jou skouers hang Saans sal ek die maan se weerkaatsing vra om jou oor die klipperige pad te dra My vuurtjie het uitgebrand Al wat oorbly is as en droe'sand Ek soek myself tussen die sterre en maan en probeer die rigting van my […]
OOS-VRYSTAAT KIND
Onthou jy Oos-Vrystaat kind Somerson en Winterwind Die wintersneeu op die berge en die sonskyn goue koring-gerwe Stofstrate en Sandsteenhuise Dit was lank jou tuiste Onthou jy Oos-Vrystaat kind hoe het die sang van die skoollied weerklink Die sorgvrye dae van posaflewering en die gelui van die telefoon se klank Onthou jy Oos-Vrystaat kind daar […]