My hartedief
koesterend speel die sonstrale
oor die kartels van my lyf
met warm vingerhale
word koue uitgedryf
elke oomblik vasgevang
soos ‘n helder reënboog
in my hartkamer gehang
laat ‘n vonkel in my oog
neurie ek jubelend saam
geniet elke kosbaar oomblik
vergeet van verborge traan
want die lewe is heerlik
ja, die lewe is ‘n lied my lief
en jy bly ewig – my hartedief
© Anzé Bezuidenhout
* Engelse sonnet
9 Kommentare
-

Arnold
Rein liefde bly altyd mooi.
-

neels
Wat n plesier om weer van anze se werkende te lees
-

Evelyn van der Merwe
Mal oor jou tweede vers, Sag en liefdevol gepen.
-

Kiekies
Hierdie gedig laat my jonk en spelerig en geseënd voel! Pragtig.
-

Elizabeth Greef
Hoe mooi die liefde, pragtige sonnet, Anze
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
mooi liefdessonnet, Anze :-) kyk net jou heel eerste woord. ek het net gewonder of jy dalk koestrend wou se?