Laat-lente tuin
Laat lente het jy haar gevind
Waar sy in jou tuin
Van blom tot blom dwaal
Soms ‘n bietjie langer stil staan
Jy het na haar gegaan
In bepeinsing oor waarna sy daar so staar
Langs haar stil gaan staan
In stille verwondering die prag aanskou
Teer vat jy haar hand – spreek sy tot jou hart
Wys sy jou die laventel van verdraagsaamheid, pluk sy vir jou ‘n bossie kappertjies vir begrip
Laat sy jou af buk na die kleurvolle gesiggies van liefde
Hou dan na jou uit ‘n spierwit roos van hoop
Dit kan maar laat lente wees in jou tuin
Die somer lê nog voor
Al taan die lente blomme . . .
Vir jul is daar nog vele uitbundige sonskyn dae oor!!
©Marsofine Krynauw
6 November 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2019 projek - Laat-lente