Jongste aktiwiteit:

Vat My Terug Na Die Platteland

Vat My Terug Na Die Platteland

Vers 1:
Ek onthou nog daardie dag
Toe my hart nie meer kon wag
Vir die stad se liggies
Om my drome waar te maak

Vers 2:
Maar iewers hierso op my pad
Het die goue liggies van die stad verdof
En hul glans verloor
Wat bly dan nou oor

Koor:
My hart trek met mening terug
Na die platteland
Ek verlang na die vals ou windpomp
Wat opreg vir die velde sing

Soms word wense waar my vriend
So pasop vir wat jy wens
As jy in die platteland woon
Ag jouself ‘n gelukkige mens

Vers 3:
Ek wil graag weer wees
‘n Plaaskind van daai tyd
Wat iewers tussen mielies en beeste
Weet wat is vryheid

Vers 4:
Maar die bene rek
En die lewe maak vreemde draaie
En my hart loop weer terug
Na vêr stofpaaie

Brug:
As die platteland eers een keer
In jou hart blyplek kry
Is dit daar vir ‘n leeftyd
En só sal dit bly
Só sal dit bly

Herhaal Koor

“Vat My Terug Na Die Platteland” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt©
Vrygestel op alle goeie digitale platforms soos op 29 Januarie 2019
Die musiekvideo is op YouTube:




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed