Eierkelk
sag eierkelk my gedagtes heen
daar waar die rus na waters lei
waar geen traan dit meer kan keer
soos ‘n waterval strompel na onder
met die hoop dat waters sal val
daar waar mens en dier
die hongerpyne nie kan keer
oorvloedig smeek ons U weë
tastend voel ons die droë aardkors
die donker tye sugtend naderkruip
bid ons vir ‘n ligstraaltjie
U byderhand kan wees
soos voēls swewe in die lug
U, U engele sal uitstuur
geelgrou donder die weer om ons heen
probeer elkeen sy waardigheid behou
om nie om te kantel op ons staan
soos hierdie eierkelk hom balanseer
met waters oorvloedige magtigheid
in afsondering met U hulp van Bo
Here, wys ons die pad, hoe gemaak
van hiervandaan gaan ons in U rus
laat die wereld in sy eie mag begaan
wil ons nie meer strompel in slaverny
want genoeg is nou genoeg
honger wesentjies op vier voetjies
het U intreding nou so nodig
Here Here wees ons en hul genadig
Aan God die eer…vir intreding groot.
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.