Jongste aktiwiteit:

Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 10

Hoofstuk 10 – Die pad terug

Die Maandagoggend na die konsert naweek, is daar verskeie kleiner operasies wat geskeduleer is en Zuluika stap deur na die saal vir die voor-operasie besoeke van die pasiënte. Sy hoor die geswets, herken die stem, en sy glimlag. Hy sit-lê op die buitepasiënte bed, Rhoda rol net haar oë en Zuluika sien die gebaar.
Zuluika kyk na Hugo en sien die tak wat in sy lies in gesteek is.
Voor sy nog kan groet, kom dit bars, “Kry vir Neville May, ek gaan nie ʼn vrou aan my laat vat nie.” Zuluika draai na Rhoda, “Neem meneer Grant op, en wag vir Neville, ek sal ʼn inspuiting voorskryf vir die pyn.”
Sy draai om en stap uit, net om in Mauritz vas te loop wat in die gang staan en luister, met lag in sy oë.
“Waar is Neville?” Kom dit bars van Hugo.
Gevolg deur ʼn kalm Rhoda, “Hy is Benton toe.”
“Wanneer kom hy terug.”
“Oor drie dae.”
“Wat, ek kan mos nie drie dae met die stok in my lies lê nie.”
“Hugo, dit was jou keuse.”
“Roep dokter Zuess onmiddellik terug.”
“Sy is reeds in die teater Hugo, ons het ʼn reeks operasies vandag, jy sal maar moet wag tot sy klaar is.”
Hugo Grant voel die wrewel in hom teenoor die vrou, ‘Die klein pes, hoe kon sy sonder om hom te probeer ompraat, hom net so in sy ellende los, wat vir ʼn dokter is sy?’
Zuluika en Mauritz moet hulle hande oor hulle monde sit en behoorlik die gang af hardloop om seker te maak Hugo hoor hulle nie lag nie.
Die personeel glimlag, uiteindelik het die berg se boelie sy moses teëgekom, net soos verskeie ander manne wat hulle by Hugo skaar, nie deur geweld nie, maar deur ʼn klein mensie met die wêreld se wysheid en geduld.
Vir hulle wat haar probeer teenstaan, lag Zuluika en die verpleegstaf net in die mou, een of ander dag, soos met Hugo vandag, sal slim sy baas vang, dit is nie verniet ure se rit teen die berg af tot by die volgende hospitaal nie.
Zuluika skryf die pynmedikasie voor, en stap glimlaggend na die teater waar die span gereed is en vir haar wag.
Laatmiddag verwyder sy die tak onder lokale verdowing uit ʼn baie bedeesde Hugo Grant se lies. Hy luister ewe gedwee na Zuluika se voorskrif dat hy minstens twee nagte in die hospitaal moet bly vir observasie en medikasie teen infeksie, te styf en te seer om op te staan, of teë te praat, aanvaar hy dit.
Margret kom sien haar die volgende oggend, vir haar nou gereelde ‘tee’, en vra verskoning vir hom, “Hy is ʼn harde man, maar ʼn goeie man,” sê sy, en Zuluika verseker haar dit is reg, sulke dinge maak nie saak nie, net solank daar liefde is. Sy weet wat liefde bring, weet ook liefde vergewe alles, so was dit met haar en Rudolph, sy het toe liefgehad, en sy verstaan soveel meer as wat Margret ooit sal besef.
Hulle neem hulle tyd om deur die gesprek met dokter Jean Tredoux te werk. Zuluika is eerlik met Margret, “Ons diagnoses is dieselfde, moontlik ʼn drieling, en jy loop gevaar om baie vroeër in kraam te gaan as jou vol veertig weke. Ek en dokter Tredoux is bekommerd oor jou, en glo jy moet nou twee keer ʼn week deur ʼn dokter gesien word. So of jy neem Hugo in jou vertroue, en deel dit wat ons weet met hom, of jy rus baie, en kom drink twee keer ʼn week tee.”
Die uiteinde van die gesprek is die, tweekeer ʼn week tee, en Zuluika sien die vrees in Margret se oë, en sy is jammer vir haar, maar ontsettend vies vir Hugo.
Die samesyn saans in haar sitkamer met Mauritz, bly die kroon van haar dag, sy weet sy koester ʼn diep liefde vir hierdie man, maar sy weet ook, dit gaan ʼn diep hartseer bring binne die volgende paar weke, en sy treur oor die verlies van die dierbare mens wat onafwendbaar is.
Sy wil hom vra waarom hy hier in die afgesonderde wêreld is, maar sy kan nie, want hy sal haar dieselfde vraag vra, en dit kan sy nie antwoord nie. Sy laat die vraag met rus, maar sy wonder daaroor.
Asof iemand anders die besluit maak oor die antwoord van haar vraag, en die seël van haar hartseer, kom Maxine Drury een middag saam met die maatskappy vragmotors by die hospitaal aan, en bars Zuluika se borrel van geluk by die bekendstel van Mauritz se verloofde.
Mauritz sien die skok en hartseer op die gesig van haar wat hy leer liefkry het, en sy hart breek, ‘Here wat het ek aangevang, wat moet ek maak?’
Zuluika bly stil deur die pyn wat haar terugruk die werklikheid in, terug na die erken van wie sy is, maar die verlies van die droom is so fel en seer soos die dag toe Rudolph dood langs die motor in die straat gelê het, en in haar huil dit.
Sy gaan op na haar huis en sy huil, Mauritz staan in sy huis by die venster en hy voel haar pyn, hy weet, dit is waar hy wil wees, vir die res van sy lewe wil wees, by haar, en hy weet hy moet ʼn besluit maak.
Maxi stap saam met Mauritz vroegoggend haar spreekkamer binne, en Zuluika versluier haar smart en haar hart, en word ʼn gewaardeerde vriendin in die week wat Maxi kuier.
Op haar knieë, dit wat sy nie in tien jaar gedoen het nie, smeek sy God om haar pyn weg te vat, smeek sy Hom om hy wat sy bo alles liefgekry het, gelukkig te maak.
In Mauritz is die pyn onuithoudbaar, hy het vir die eerste keer in sy lewe liefgekry. Max is sy kindernooi, die nooi wat albei die ouer pare besluit het sy vrou moet word, en dit het hulle albei hulle laat geval, nie een het ooit met iemand anders uitgegaan nie. Nou weet hy, dit wat hy vir Maxi voel is vriendskap, maats wees, broer en suster wees, nie passie nie, nie die bruisende opwelling wat in hom is wanneer hy na Zuluika kyk nie, nie ʼn begeerte wat alles oorheers nie.
Mauritz se gewete keil hom op, hy weet hoekom hy vyf jaar gelede die pos geneem het, die gevoel wat hy nooit met Maxi ondervind het nie, dit wat hy nou met Zuluika ondervind. Om op te maak vir dit wat in hom aangaan gee hy al sy aandag aan Maxi, dra hy haar op sy hande, laat hy haar voel soos die enigste mens wat saak maak, en sy hart is flenters.
Aan die einde van die week wanneer Maxi regstaan by die vragmotor se deur, hou sy Mauritz lank vas, en die pyn in haar wurg haar, ‘Here hoe kan ek die verhouding tot niet maak terwyl hy my so lief het, my so koester?’ gaan dit deur haar gedagtes.
Sy groet hom, sy weet nie hoe sy uit hulle verhouding kan kom nie, en sy dink aan hom wat vir haar by haar huis wag, hy wat sy so lief het, hy met wie sy vir ewig saam wil wees, en sy stort haar trane van wanhoop onder die dekmantel dat dit trane van afskeid is, ‘Here kan ek die res van my lewe met ʼn leuen teenoor hierdie wonderlike man leef?’ Maxine weet, sy kan nie, sy weet net nie hoe om hier uit te kom sonder om Mauritz se hart te breek nie.
Maxi se vertrek bring hulle weer nader aan mekaar, hulle sit hulle kuiers saans voor die kaggelvuur voort, maar Zuluika weet, niks kan hiervan kom nie, en sy huil haar nagure om.
Sy gryp elke oomblik aan om naby hom te wees, sy wil die herinneringe in haar geheue wegbêre, wanneer sy net dit sal hê om te onthou.
Hulle stap saam, klim op teen die berg, hy met haar hand in sy hand, en sy met haar hart in haar oë. Hulle weet hulle humor is dieselfde humor, hulle gevoel dieselfde gevoel, en dit bring ʼn rustigheid in albei, maar ook ʼn verlorenheid oor presies wat hulle situasie is.
Die warmte van hulle lywe teen mekaar wanneer hy haar vashou wanneer sy op die sneeu gly, die opwelling, die warm ekstase, en albei weet, dit is liefde, maar albei weet, dit gaan ontsettende pyn bring. Hulle verswyg hul gevoel, so ontsettend bang om dit in die ope te erken.
Mauritz vra haar voor die kaggelvuur in haar sitkamer, “Sal jy vir ons die musiek begeleiding doen wanneer ek die kwartaallikse diens in die hospitaal hou?”
Zuluika voel die benoudheid en vrees, ‘Sy weet dit is nie ‘die huis van haar God’ waarvoor sy vrees nie, dit is om voor Sy aangesig te staan terwyl sy, Sy gebod oortree het, wat haar doodsmoor. Kan sy gewyde sang in Sy aangesig begelei? Sal God haar so iets vergewe?’
Mauritz se smekende oë, oë soos Rudolph se oë, maak haar week, ‘Here asseblief vergewe my as dit wat ek gaan doen verkeerd is in U oë, maar ek kan nie vir hom nee sê nie’.
“Ek sal, sê net watter liedere jy wil hê ek moet speel.”
Sy oë dra die liefde wat sy so begeer wanneer hy haar hand druk, “Dankie, ek sal dit môre vir jou deurgee. Sal jy ook ʼn paar liedere op jou viool en die hobo vir die gemeente speel na die diens, wanneer ons almal rustig tee drink, asseblief?”
Sy knik haar kop, dit is die maklike deel van sy guns, sy sou so graag al die musiek wat sy in haar het, met hom wou deel.
Hy staan op en neem die hobo van die eetkamertafel, “Waarom speel jy nie iets vir my op die hobo nie?”
Zuluika wag vir die vrees, maar dit kom nie, en sy weet sy is reg om weer musiek te maak, soos die aand op die verhoog weet sy, ‘God het deur die studentekonsert haar genees van haar vrees, Hy het haar liefde vir musiek teruggegee aan haar’.

Sy voel die uitdaging, sy wil aan haarself bewys dit wat Rudolph haar geleer het, het nie verlore gegaan nie, en besluit sy op die beweging wat Rudolph so liefgehad het, die tweede beweging ‘Andante’, van Richard Strauss se hobo konsert.
Sy haal die hobo uit, gaan deur die ritueel met die mondstuk, wanneer sy die hobo na haar lippe lig, kyk sy in Mauritz se oë, en voel sy Rudolph se liefde om hulle. Mauritz kyk na haar, weet sy hart sit in sy oë, en sluit sy oë voor die wonderwerk.
Hy leun sy kop terug teen die leuning van die bank, ‘Hy wil net haar beeld in sy gedagtes sien, net haar musiek in sy siel inneem’.
Zuluika sluit haar oë en die musiek vul die vertrek en die klank vloei oor die wit landskap tot waar Rhoda en die dag personeel gereed maak om die koue aan te durf deur die sneeu bedekte grasveld terug na hul huise, en die klank bring rustigheid en hartseer, ‘Hulle gaan die wondermens in twee weke verloor’, en Rhoda voel die paniek, ‘Kan hulle weer sonder haar leef?’

Zuluika gebruik haar vrye tyd saans na Mauritz weg is, om die liedere wat sy Sondag wil speel te oefen. Sy het besluit op ses liedere wat sy ken, The Lark Ascending, Ave Maria, John Denver se Annie’s Song, Ode to Joy, Jesu Joy of Man’s Desire, en Amazing Grace.
Terwyl sy alleen is, is sy terdeë bewus van die tien jaar gaping, tien jaar waarin sy gestagneer het, nie net in haar musiek nie, maar in haar emosionele groei, sy weet, haar voorneme tien jaar gelede, ‘Om nooit weer te dink aan die vryheid daarbuite nie, het haar nie net beroof van so baie mooi nie, maar sy het haarself emosioneel verarm, en sy voel die verwyt teenoor haarself, sy was so kortsigtig’.
Sy speel die liedere elke aand in die volgorde wat sy dit Sondag wil doen, Mauritz en Rhoda staan elke aand by die ingang van die hospitaal, en die prag van die musiek gryp hulle aan.
Mauritz se diens word vir Zuluika die eerste stap terug na haar God. Sy sluit haar oë waar sy voor die klavier sit, sy weet wat die verloop van die diens sal wees, Mauritz se aandeel van die rus wat sy nou ondervind, elke lied, hoe die diens sal verloop, wanneer sy sal begelei, alles sorgvuldig bespreek, met soveel liefde bespreek.
Na die openingslied gaan sit Zuluika in die voorste ry langs Rhoda en haar gesin. Sy kyk na Mauritz en sy weet, so sal sy hom saamdra in haar gedagtes, hy met die Bybel wat oop in sy pragtige hande lê, sy stem wanneer hy met sy God praat, met hulle praat, met haar praat, en sy oë wat sy nooit sal vergeet nie.
Wanneer almal na die diens rustig met koffie en versnaperings sit, kondig Mauritz aan dat Zuluika ʼn paar liedere op die viool en hobo sal speel, en die applous is spontaan.
Zuluika voel die selfversekering in haar sodra sy die viool opneem, ‘Sy weet, sy het gegroei vandat sy hier gekom het, sy het weer mens geword’.
Saam met die laaste klanke van ‘Amazing Grace’ kom die applous spontaan, sy knik haar kop in erkenning, dankbare aanvaarding vir wat sy van hierdie mense ontvang het, ‘hulle sien haar as ʼn mens wat waarde het in die gemeenskap’.

Sy bel haar mense, en hoop daar is vandag ʼn leidraad, iets om haar ʼn rede te gee om terug Suid Afrika toe te gaan, iets om te help om oop te maak dit wat haar vernietig het. Daardie iets wat haar weer haar selfrespek moet teruggee. Iets om die waarheid van die daad wat teen Rudolph gepleeg was oop te maak, en die waarheid die wêreld in te stuur.
Soos met al die onverklaarbare positiewe dinge wat met haar gebeur het die afgelope maande, is daardie iets waarvoor sy gehoop het gevind, ‘Beide jongmans is positief gekoppel aan die ver-regse organisasie in Mpumalanga, foto’s van hulle tydens hulle opleiding in die ver-regse kampe en deelname aan verskeie openbare aanvalle op persone van kleur, is deur iemand aan Lize gestuur’.
Zuluika voel die skok, maar ook die verligting, sy glo dit is die leidraad wat sy benodig, en nou is sy reg om terug na Suid Afrika te gaan, ongeag wat wag, sy weet, of sy maak die geheime oop, of daar sal nooit vrede vir haar wees nie.
Haar skoonvader se nuus is dieselfde, “Daar is geen rekord van jou moeder nie nooi, absoluut niks,” en terwyl sy nooit enige hartseer gevoel het oor ʼn moeder wat sy nie geken het nie, voel sy hier, na dit waardeur sy die afgelope jare is, ʼn gevoel van verlies.
Zuluika skud die gevoel van teleurstelling af, ‘Indien sy bedoel is om nooit niks van haar moeder te weet nie, moet sy dit aanvaar’.

Die Maandagoggend na die kerkdiens, stap Zuluika na die hospitaal. Sy sien Margret en Hugo voor die hospitaal stilhou, en vir geen rede gaan staan sy stil, voel sy ʼn afwagting in haar, waarna weet sy nie. Hugo stap om die viertrek en help Margret versigtig uit die motor.
Zuluika bly bewegingloos, onwillig om die toneel van teerheid en liefde te onderbreek. Sy sien die sorg en teerheid wanneer hy haar jas se kraag opslaan en haar liggies teen hom vastrek en op die voorkop soen. Zuluika voel hoe die wrewel teen Hugo Grant verdwyn, ‘Hy het haar lief, en hy behandel haar met soveel respek en deernis,’ en dit is genoeg vir Zuluika, ‘Hugo Grant het die een toets wat saak maak geslaag’.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed