Jongste aktiwiteit:

Daardie dag (Goud)

dit was ‘n bewolkte dag in Maart
die somer was sonlig
maar winter –
winter het geskuil
in die skaduwee van die wind
dit was soos die maan
wat dele van my wou verduister
vir priemende krateroë
wat deur die oop spasies
van niks
na die toeganklike hitte
van innigheid laat smag

© Anzè Bezuidenhout

*Voorlesing deur Andries Fourie




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed