Saphira en die Biblioteek onder die Berg
Cian het besluit om by hulle te bly na die hele eenhoring-en-dwerg-ding. Eolande, natuurlik, is baie opgewonde daaroor. Jade, soos katte maar is, is ongeërg. Saphira daarenteen voel omgekrap. Sy weet daar’s nog baie wat hy haar moet leer oor hoe ander Feë hul towerkragte gebruik, maar dit voel amper asof hy haar oppas na […]
Daantjie Andreas oor Riemvasmaak
Daantjie Andreas oor Riemvasmaak Daantjie Andreas is ‘n Xhosa. Hulle het in 1973 getrek. Hy was deel van die Riemvasmaak “Bantoes” wat King Williamstown toe getrek het. “O, jinne, daai was ’n moeilike tyd. Ons ken mos nie so ’n wêreld nie. Ons het mos hier in Riemvasmaak groot geraak. Hy reënt aanmekaar en daar’s […]
GEWONDE WINDJIE
Waai maar skelm skinderbek windjie môre lê jy eensaam in jou bruilofs stofgewaad tussen die krake op die kliprand met jou wonde verbind in aalwynsap trane Kom krul jou skurwe windtone by my agterdeur se vloermat in en rol en spin dan teen die trappies af tot onder die garingbosse druipstert in Wie sal môre […]
KAALVOETSEUNTJIE
Sestig jaar gelede, in 1954, het n kaalvoet seuntjie, op Valsrivier stasie, een oggend aan sy ma se hand oor die treinspoor gehardloop na n ou klipgebou aan die oorkant van die spoor om sy skoolloopbaan te begin. Vreemde wêreld met klomp kinders om hom. Sommige het met perdekarretjies skool toe gekom, die groter seuns […]
Nokkie Andreas se trek.
Nokkie Andreas se Trek. Nokkie Andreas is blind. Hy is ’n Xhosa. Hy is nie meer jonk nie maar hy onthou goed. “Nee dit was daai tyd toe die mense van Potjiestroom hier kom en sê hulle wil vir Riemvasmaak hê. Toe’t alle mense bymekaargekom en ons Andreasse van Bok-se-puts ook. Toe sê die mense […]
SARINA
Jare gelede het ivoorjagter Afrika ingetrek om te gaan olifante jag. Saam met hom was sy vrou, sy draers en werkers en sesjarige dogtertjie, Sarina. Sarina was n pragkind met die langste mooi blonde hare wat in golwe op haar skouers neergetuimel het en die diepste blou oë waarin enige mens kon verdwaal. Vir vyf […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
Melkbosrant trek.
Melkbosrant trek. “Jirre Oompie, die nuus het vandag gekom dat die Goewerment onse plek nodig het en dat hulle ons gat skuiwe.” Jiems Basson het gevoel na sy pyp in sy hemp se bo-sak en geklop op sy broekspyp om die sakkie Springbok twak op te diep. “Wat te hel meen jy? Dis seker weer […]
KUBERLIEFDE
Soggens vroeg is die O.R. Tambo lughawe n miernes van bedrywigheid soos mense wat vlugte haal en van vlugte aankom kom en gaan. In die ontvangslokaal staan n langerige lenige bruin gebrande man met n weerbarstige kuif wat knaend oor sy oë val effens senuweeagtig rond met n groot plakkaat aan n stok met n […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD slothoofstuk
Seweuur stap Kas Hennie Aucamp, die senior aanklaer se kantoor in. Albei is ou motorgeesdriftiges en kom al n lang pad saam met ou motors maar ook in die hof. Hennie groet hom en vra: “En waarmee kan ek kaptein Dreyer help vanmore. Moet nie vir my sê dat die Botes saak opgelos is en […]