Swart Gedagtes
ander gedagtes beklad die eie tot dit verdwyn in swart. laat agter die swart honde wat modder skud vervorm dit in klei potte. versmelt alles in wit lig wat deur krake beur en swart verlig in ń kleure prag.
Die oproep
(927 Woorde) Ek skrik van die skielike gelui, dat ek die koppie lou tee omstamp en ‘n klein ramp oor my papierwerk veroorsaak. Dit neem my enkele oomblikke om die klank te identifiseer. Die meganiese gelui van die ou landlyn telefoon. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek die geluid gehoor het nie. Niemand […]
waarheid vergissing verguising
in dae van nood en stryd kom elke gesprek uit met nyd leier vreet leier jakkalse kef en tjank om ook ‘n stukkie van die lig te kan erf jonk teen oud, mense raak benoud en skrik ervare veterane bly stil oor vervloë oorloë die wat weet wil niks vertel uit respek lawaai is die […]
Storietyd: Die parkbankie
Hersiende storie Nie alles in die lewe het ‘n storie nie. Nie die teesakkie wat jy uitvis uit ‘n skoenboks of die vergete, duidelik gebruikte sleutel nie. Haarknippe, sommige gevlek deur tyd, ou armbande: nou verrek en oudmodies. Lappies wat duidelik al lankal in die snippermandjie moes afgetree het, verskuil tussen ou handdoeke. Alles vind […]
Domein
storms in die lewe laat my blindelings rondtas wanneer als uitrafel en leed my siel belas dan kleim ek my domein perk my grense in roep hulpsoekend na bo vir uitkoms vir ʼn nuwe begin ©Driekie Grobler (2020)
Ouma Stienie en die lockdownbier (Silwer 490 woorde)
Ouma Stienie se bottel Apostelwyn het ook al bodem gedroog Niemand het voorraad nie. Wie het nou kon dink dat die kluisenaarsbestaan so lank gaan duur. Die drankkabinet het nog nooit so elendig gelyk nie. Dis toe net daar wat die appel en die suurdeeg ‘n besonderse verhouding aanknoop. Ouma Stiene drink nie. Sy social. […]
vryheid van bataan
ek skink vanaand vir jou ‘n lourierkrans gemaak uit suikerbos, fynbos en safraan blommeprag van die hooglande in basaan ek drink saam met jou uit ‘n kelkie sjerrie afkomstig uit spaanse droogland wingerde geur van steranys wat oor my palet draal oor my hele wese wat vryheid uitstraal soos druiwe wingerde van die boland toe […]
Blake
Ella word bewus dat iets haar wang kielie en sy krap onwillekeurig. Dan maak sy haar oë oop, net om vas te kyk in ‘n paar oë wat haar herinner aan die ligblou van die hemel; die blou van die lug net voor die son vroegoggend die aarde met warmer kleure kom verf. Blake kyk […]
My land, my lewe, my liefde Silwer
Ek ruik die rooi in die grond van my vaderland terwyl die son oor die veld en die horison brand en kwagga en wildebeest stof opskop in die Namib luister ek na die grys kwêvoël se gesanik en oor die kranse en klowe word ‘n nuwe dagbreek belowe
Net die nag sal weet Silwer
Die druppels is koud. Nat spoortjies vorm teen Dawie se gesig waar hy skuiling onder die groot Jakaranda probeer soek. Hy skrik toe ‘n blits ‘n paar meter van hom af teen die grond vasslaan. Vannaand sal hy teen sy wil by Door of Hope moet gaan aanklop. Die wolke word donkerder en die wind […]