Sonder liefde
Langs die dam sit ‘n boemelaar en visvang, sy visstok is van riet, en sy lyn van draad. Hy het lank daar gesit op ‘n blik, gewens hy kan ‘n groot vis vang. Vir dae het hy niks ge eet, hy was baie honger. Hy het niks op sy naam gehad nie, net die fodde […]
VINCENT VAN GOGH – MAL, OF BITTER ALLEEN?
Dis laat-laat in die aand en iemand deel die liedjie Vincent, dalk beter bekend as Starry, starry night. Behalwe dat dit mos ‘n hartroerende mooi lied is, is dit so al asof die woorde so ‘n soort van ‘n krapperigheid in die keel veroorsaak – so al asof jy skielik so half moet kug-kug om […]
BOODSKAP IN ‘N BOTTEL
BOODSKAP IN ‘N BOTTEL (Brons) Surie sit met haar gesig in beide haar handpalms saamgevou. Die trane rol. Deur haar seer gehuilde oë, oor haar rooi gehuilde wange glip dit reg tussen deur haar vingers. Dit laat haar net al hoe meer dink aan die man wat sy destyds deur haar vingers laat glip het […]
As jy lief is vir my, sal jy
Oom Shakespeare loop en vertel mos dat jy moet lief wees vir almal, net ‘n paar mense vertrou en niemand skade berokken nie. Makliker gesê as gedaan. ‘n Mens is geneig om te dink dat liefde ‘n onskuldige, skadelose emosie is wat net goeie dinge in die wêreld bring. Die waarheid is dat liefde altyd […]
Hoor jy die Engele (Silwer)
‘n Geweerskoot knal deur die kloof; bo hul koppe kras die kraaie “Bastiaan het alweer ‘n bok laat val” verwyt Marljé, sy is tog so liefs vir die natuur. Petrus joel soos hy lag: “hoop dit is ‘n groot een ek smaak vir biltong en wildspot” “Jammer tog vir die arme bok” berus Marljé; al […]
Die Mars- en Venus-ding 1
Ek het nou sommer van meet af besluit dat daar meer as een van hierdie storie gaan wees, díé dat ek nommer een bo-aan skrywe, want oor die man en vrou verskille sal daar so nimmer as te nooit genoeg gepraat kan raak nie! Kom ons begin by directions! Ons ry Johannesburg of Pretoria toe […]
KUIERS BY MY OUMA OP UNIONDALE 3
Of daar nie wragtag met my volgende kuier by my ouma wéér ‘n begrafnis is nie! Díé keer is dit ‘n van ‘n geliefde familielid wat afgesterf het en word daar ‘n properse familie begrafnis gehou. My ouma se susterskind is dood. Antie Bybie is dood in haar kombuis voor die stoof aan haar hart. […]
Die Groot honger
Nog ‘n dag. Soos gister en die dag voor dit, is dit die honger waarvan ek eerste bewus word. Altyd honger. Daar is nooit iets anders nie. Die gevoel van die onbevredigde behoefte in my maag. Hulle sê die oorlog is verby en Hitler is dood. Maar die oorlog gaan vir jare nog aanhou. Dalk […]
Die dag toe Sue se switch flip … (BRONS)
Die dag toe Sue se switch flip … Sue sug behaaglik en skop haar skoene uit. Te hel met die huis, die kinders, honde en hope vuil wasgoed wat haar smekend aankyk. “Te hel met julle, ja! met julle ALMAL!” skree die stem in haar kop. Sy gryp die TV remote en doen channel hopping […]
Vrees vir vrees
(2293 Woorde) Franklin D. Roosevelt het mos gesê mens hoef niks meer te vrees as vrees self nie. Maar dit is absolute snert. Die werklikheid is daar is geen vrees so kragtig soos die vrees vir die onbekende nie. En as jy mooi daaroor dink, is die enigste onbekende aan die einde van die dag, […]