A NIGHT AT THE MOVIES
Gesels ‘n paar van ons vanaand by ‘n vergadering. Eintlik is ons baie ernstig, want daar is dinge wat beplan en gereël moet word. Maar nou ken jy mos ‘n klomp vroumense bymekaar – die een ding lei tot die volgende en voor jy jou kom kry, beplan jy hoeka nie meer nie. Hoe so? […]
DOGTERTJIEMENSE IS ANDERSTERS
DOGTERTJIEMENSE IS ASPRIS ANDERSTERS Ter versagting kan ek darem sê dat die meeste van julle noual weet dat my hart baie wise-ass is en dat my vrouweesgemaak honor bright baie cheeky is; en dat my kop nie loop daar waar ‘n voetpad alreeds oopgetrap is nie. Ek was van klein dogtertjiegewees al agterstevoor-om en het […]
Die groen sak
(brons) Sara Vermaak trap die sole van haar skoene aan die brand. Sy loop heen en weer voor die preekstoel verby. Van die diakens se vier rye banke tot by die ouderlinge se afdeling en terug. Met elke tree se trap word die vraagteken in haar binneste groter. Wat het sy my die dekselse groen […]
Jy ©Eduard Smith
Jy het uit die knal wat oer geklap het (die slimmes sweer dis so) sommer lukraak lyf gekry – iemand met die gelaat van engele en die swier van ‘n leeu, ‘n langvingerdief geword wat my asem kondenseer in dou wat nat smeer in elke vou wat rou en seer somtyds alleen vibreer. ©Eduard Smith […]
KLEIN KOOS VAN ANTIE TOET
KLEIN KOOS VAN ANTIE TOET Enige muntstuk het 2kante; maar soms is mens geneig om jou kant so te spit en polish dat jy nie ‘n saak het met die vuil (van verwaarlosing) verslete anderkant nie; seker ook jou volste reg en voorreg….Moes soveel keer gedurende daai gek Satynlaken-dae die een of ander grênd geleentheid […]
‘n Bitter knal van verlossing
Mismoedig sak Gideon in sy rusbank in. Die sagte stopsel omvou sy lyf en ‘n gebrek aan ondersteuning van jare se uitgeleefdheid sluk hom byna in. Die moeë rusbank is omtrent al wat hy oor het. Dit en die deursigtige gordyne met verbleikte, verwelkte blomme op, breek darem die eggo van sy eie stem in […]
Die skerminkels
Dit is ‘n onstuimige nag, die wind waai erg en ‘n storm steek op in die verte. Tussen donker wolke hang die maan spokerig in die lug, die koetsier probeer die perde kalm hou want met elke donderslag runnik hulle verskrik. Die paaie is baie gevaarlik en glad, menigte koetse het al van die gevaarlike […]
‘n Luisterstukkie uit “Eens… Verhale, Mites en Legendes van Feërie”
Hallo almal! As jy by die Gala aand was in 2019, het jy alreeds hierdie storie gehoor… maar dis altyd lekker om weer na sulke goed te lusiter! Hierdie video was my prys as Verhaal Skrywer van die Jaar 2018. Ek’s nie seker of die video gaan laai nie, so gaan gerus na YouTube hier: […]
Memoirs van ‘n hoer se kind
Jou verlede haal jou altyd in “Wat was dit?” skrik Daniël met ‘n slag wakker. Die Kaapse wind waai buite. ‘n Somerswind, sommer so ‘n ongeskikte wind. Alles raas. Die huis se dak kraak, buite in die straat dans ‘n leë koeldrank blikkie vorentoe en agtertoe soos die wind ruk en laat los. Regte dronkmanspassies. […]
Liefde in die suburbs
Liefde in die suburbs Dit is ‘n snikkende warm dag in Februarie. ‘n Kaapse warm wat jy kry wanneer Kapenaars lank genoeg gekla het oor die wind wat konstant waai en dan een dag waai dit nie. Dan kla almal weer oor die hitte en as daar tog net wind was wat lafenis wil bring. […]