‘n Nuwe skoon bladsy
Marlene staan en kyk na vuurwerke in die lug met n’ helder maan aan die agtergrond, dis Nuwe Jaar en soos gewoonlik wonder sy wat die jaar gaan voorlê. Weer ‘n nuwe boek met nuwe skoon bladsye wat ingekleur moet word, die jaar wil sy net op goeie en positiewe dinge fokus. Sy is alleen […]
NO REGRETS, IN AFRIKAANS
NO REGRETS, IN AFRIKAANS Weet nou nie of dit iets te doen het met die anderster manier waarop my Bloudruk gekoppie en pasta (copy and paste, mos☺️) is binne-in hierdie wise-ass hart van my nie; maar ek is nie lief vir ‘n inkopiesentrum met winkel tot winkel mense wat soos ‘n verlore Egiptiese plaag my […]
Die Inwoner
Ai tog. Ek het sommer geweet vandag gaan een van dáái dae wees toe die simpel koei weer ‘n uur in die badkamer spandeer het. Na al die tyd het sy nog nie agtergekom dat daar geen salf – of grimering – te smeer is om daai gesig beter te laat lyk nie. Sy wonder […]
DANS DANS MEISIE
(Brons. 1625 woorde) Annelie kyk stip na die goue bord op die koningsblou tafeldoek. Haar hande is styf inmekaar gevou op haar skoot. Die versoeking is baie groot om nie nou ’n sluk van haar vonkelwyn te vat nie. Nie dat mens hel toe sal gaan as jy onder gebed drink nie, maar sy sal […]
2020 Perspektief
📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van ‘n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar. 👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd gesteel het in 2019 en voor […]
Sus se maanlig-dans …
Desember 2019 Projek – Dans asof niemand kyk nie Afdeling: GORREL Marlene Erasmus BRONS GORREL: Sus se maanlig-dans Iewers tussen êrens en nêrens woon Sus. Sus is nie ʼn kleindogtertjie in ouderdom nie: Sus is ouma met paar kleinkinders en nogal ʼn redelike gesiene tante in die gemeenskap. Sus is gelukkig getroud met haar eie […]
VIR JOU ‘N SEILSKIPPIETJIE
Môre sê Uit die brandkluis van my hart gee ek vir jou hierdie seilskippietjie – mag dit jou neem op ‘n ongeskonde mooi reis na die Sonkring van God se hart. Mag jy ongekaarte kuslyne verken in 2020; jou seile span na ‘n land van ongetemde drome en rou passie. Daar waar wonderwerke soos geelperske-reën […]
Lettie en die Wietbieks troue
Wanneer ‘n danser dans, probeer sy nie op ‘n spesifieke plek op die verhoog of dansvloer uitkom nie, maar om elke tree te geniet. Dit is eintlik ook hoe ‘n mens die lewe moet leef. * * * Elke familie het mos maar so ‘n gesin. Hulle is deel van die familie, maar as jy […]
MY VOORKOP IS TE GLAD VIR ETIKETTE
Jy woon ‘n byeenkoms by en word saam met vreemdelinge ingedeel by ‘n tafel. Jy maak, soos almal maar doen, geselsies. “Hallo, ek is Martha.” “Aangename kennis. Ek is Drien.” “O? Hallo, Drien.” “Snaaks dat ons mekaar nog nie raakgeloop het nie. Ons ou dorpie is mos darem nie so groot nie.” “Ja, ek hou […]
Versteende woud
Dit is vriesend koud, Tanya is in ‘n sneltrein van Sint Petersburg oppad na Moskou se grootste danskool. Sy sit by die venster en kyk hoe die sneeu buite val, dit is vir haar so mooi ‘n sprokiesagtige toneel. Haar toekoms lyk belowend, sy is geskies om deel te neem aan die grootse dans groep […]