Buffels in Soweto
Buffels in Soweto My weet van Soweto is anders as nou want ek was daar toe daar nog buffels was in Soweto op die straathoek was ons ontplooi in ons buffels wat eintlik n teenmynvoertuig was die SAP het Caspirs gehad maar ons was oop in ons buffels maklike teiken vir n klipgooier en soms […]
Splinternuwe dag
waar die son skaam haar maagdevlies in pienk oor horison kom skeur word daglig na roosrooi verkleur sprinkel sy traandruppels in diamant-reënboë oor tenger stingels van die grastapyt dan ontvou sag die mooiste deel van ‘n wonderskone splinternuwe dag © Anzé Bezuidenhout
Die vlaktes van my hart
My rooi-rooi hart speel-speel in die watervoor ‘n fluistering saggies teen jou hart se venster oor die kanteling van jou glimlag kom die liefdes reën oor vlaktes gejaag en die wind roer ligpatrone wat dof’glimmer in die groeiende skemer
Net jou hand …
die see is rof-onstuimig soos die storm in my hart die seevoëls raas aspris met skril stemme wat my tart ek het jou gemis vanaand die see was sommer grou die branders ken ‘n nuwe lied ons het dit saam geskryf vir jou ek wou die boodskap by jou kry die golwe moes dit leer […]
Ek onthou.
… en ek onthou hoe jou hand geproe het vasgebind aan die hospitaalbed toe ek dit die laaste keer gesoen het toe ek jou vir die laaste keer vertel het hoe baie lief ek jou het. … en ek onthou hoe dit gevoel het die laaste keer toe jy my hand gedruk het toe jy […]
Skoenlapper sag
Skoenlapper wyd wapper jou vlerke Skoenlapper wyd wapper jou vlerke as die reën sag stuif op grasperke vertel jy ‘n storie oor die natuur wat sag hier in my hart kom lӗ
Die pers in my blou se verlang
Die nostalgie van die noodlot skilder beelde oor gister en wasem hier voor my teen die ruit op die stad se liggies flikker dof pers-blou soos my gemoed hoekom moes jy so skielik groet ek mis die reuk van kampvure en kitaar snare en die lag van jou hart jou soete reuk my gesmeek die […]
Anker
Jy het my siel kaal gestroop, my ontneem van alle hoop en met jou koue voete my binneste gekneus. Ek het gewaag en die deur oopgemaak, om jou en die woord liefde binne te laat, maar toe stamp jy die deur weer in my gesig toe. Sukkelend probeer ek die deur weer oopmaak, maar jou […]
Ek het vandag …
Ek het vandag vir jou …. ‘n ry spore in die seesand gestap Elke spoor het gesë … jy woon hier in my hart