Sonde met sy eie streke
Sonde met sy eie streke Elke dag probeer ek weer, net ‘n bietjie beter as gister. Soms dink ek die lewe is om met hakke deur die modder te loop — gly, gly, en skielik steek jy vas. Sonde kom klop aan die deur soos ‘n mooie nooi, totdat die grimering af sou was. Maak […]
Uithou soos ñ vlieg
Uithou soos ‘n vlieg Zzzz, zzzz, zzz… sit, stop en begin dan weer. Klap, klap — dit was mis. Spring die vlieg tot sy volgende voer. Humeur woed op, en vlieg ploeg voort. Handjies saam, kom sit hy maar net weer. Sou die plak hom dalk raak en hy sou slaan, […]
ver, maar naby (goud)
ver, maar naby liefde oor afstand laat ons toe om mekaar sag aan te raak; byna soos twee verafgeleë sterre wat dieselfde donker ligter maak so het ek jou al duidelik gesien sonder dat jy voor my staan in die laaste lig oor berge, of in ’n volmaan wat ondergaan ek herken jou soms in […]
Kougom in die hare
Kougom in die hare Hierdie lewe wil gekou wees. Soms met smaak en soms reeds verby die smaak. Soms klou ons vas aan wat eens was, bly kou asof die lekker smaak weer sou kom. Dan is daar dié wat net nie wil laat gaan, en klou aan gister soos môre se bestaan. Streef op […]
Bitter Bessie
Bitter Bessie Wanneer sal jou dag tog breek, waar die donker jou in vrede sal kan los? Iewers het almal uit iets gegroei en ‘n soete vrug gedra. Waarom het jy gegroei daar waar bitterheid jou lewe moet bepaal? ©️ Ryno du Plessis 2026
beroemd – berug – ontvrug
vermaard is jy wat praat befaamd van noord na suid van oos tot wes bekend vertroud is jy wat skryf beroemd is jou woordetal rugbaar jou sienswyse van begin tot jou einde raak alles wat berug kan wees deel van jou woordgeraas eiegeregtig jou taal ontvrug van alle akkolade gesing […]