in ons hande (Goud)
sy papa noem hom Rolihlahla met sy eerste asem wat beteken: om aan ’n boomtak te trek of moeilikheidmaker dalk moes juis sy hand aan onreg se takke kom trek tot diepgewortelde wette kraak vir nuwe uitsigte op Robbeneiland word mens gereduseer tot 46664 agtien jaar klots koue Atlantiese waters teen rotse onder genadelose […]
kon – teks
kon dinge maar anders wees dan sou ons vandag ook anders wees weeskinders van ons ouers nou ontslape wese van ’n stukkend bestaan wat spoedig vergaan alle groot wêreld ryke het na hul bloeitydperk platgeval by ons was ons nie een ’n wêreldryk nie – slegs ’n streek hoe het die helde geval, vra […]
Mode in die bos
Mode in die bos Elke môre vroeg loop die meisie van ‘n ander plaas. Waarheen haar reis, sal sy alleen bepaal. Groot rooi hoed, kort groen rok, lappies tekkies en ‘n groot wit sonbril. Donkerbruin beentjies, amper swart, met ‘n gesiggie wit geplak. Een of ander stasie blêr oor haar skouer deur die handradio. Party […]
Vonk in die kruitvat
die vonk is in die kruitvat die kruitvat is volgelaai daardie laaste druppel wat die emmer laat oorloop is soos olie op die vuur tussen plaaspaaie en brandstroke word die vuur van alle kante gestook telkens val daar een pilaar wat krake toon boer en sakeman word uitgetart word grensloos vervolg en […]
Laaste strale
Laaste strale Skakerings van pienk en ‘n tikkie pers. Sag gaan slaap die son se strale. Hier op Veldmanshoek kom soek die mossie sy laaste kos vir die aand. Tarentale gesels saam en skrop vir ietsie oulaas. Kwêvoël roep uit die boom, maan die diere dit is tyd om te gaan slaap. Die hen roep […]
My pa is tog ñ draak
My pa is tog ‘n draak… Met ‘n kort papiertjie in sy mond, steek hy net die punt aan die brand. Skielik blaas hy baie rook deur sy neus en mond. Hy kry nie eens seer nie. Kringtjies, klein en groot, kan hy ook maak. Hy moet dit altyd buite doen, anders raak mamma baie […]
Liefde dra ñ jas
Liefde dra ‘n jas Blomme en geure van soet woorde, verbloem in maskers van die verlede. Alle kreukels weggesteek onder die jas, want hy is mooi. Soos die pad aangestap word, tref die hitte elke jas. Die jas kom af en kreukels kom uit. Al wat oorbly, is spyt. ©️ Ryno du Plessis 2026