Middernag branders
‘n Skim van water in ‘n dorre woestyn alleen asem gister met sonsak loop ek weer al langs die soom van die see Skemer word donker alleen word al een eenkant die ewig oneindige water anderkant ‘n verwoeste brandende aarde Jy was net die pers en blou en ek die leemte in jou Gekapte wolke […]
Geduldig, Gedienstig, Gedwee.
Geduldig, Gedienstig, Gedwee. (JFE Cilliers) Wag het hedendaags al ‘n instelling geword want orals moet jy geduldig in rye wag en soos Jan FE Cilliers se osse deur die stowwe beweeg jy maar met die span saam in die tou geduldig gedienstig gedwee – – – Oral waar toue is val jy maar agter die […]
SEKERHEID
In die bruis van my bloed, waar been en murg mekaar ontmoet, in die greintjie van elke sel, in die vleis onder my vel, in die holte van my krop, met die slag van elke hartklop, weet ek dat jy weet, dat ek weet. HMellet
Oortuig
Oortuig My Dit raak aand die dag buig uit en die gordyne gaan netnou finaal sak oor verskeie tablo’s wat vandag afgespeel het al die goed en kwaad in helder sonlig en die nag trek sy donker sluier in magtelose skaamte oor al die gebrek, ellende en wreedheid wat gedurende die sonskyndag afgespeel het en […]
Jy vertel my
Wanneer ek terugkyk deur die vensters van stukkies onthou staan ek verwaaid in die woestyn’korrels oor gedagtes van jou Loop jy kronkelpaaie deur my hart se gange jy vertel my van die maan se lag jy vertel my van die druppels dou jy vertel my van die diepste blou Waar skatte in my oӫ verskadu […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vinnige versie
ek bind ‘n bont sarong om my goudkoper lyf ek buk langs die water om my woorde te skryf in die sand van die see in die blou van die lug word ek die albatros wat deur hemele vlug ek wydsprei my vlerke ek’s ‘n wolk voor die son en patroon al my druppels […]
Dieselfde Lot
Dieselfde Lot (Skilder Paul Sanzanne) Hulle het gekom, en hulle het gegaan beroemde sangers, digters, skilders skrywers en krygers- – – Ons luister na hul pragtige stemme en staar verwonderd na hul skilderye, of ontspan met hulle boeke en gedigte maar die penne is lank gelede neergelê en die inkpot het intussen opgedroog wyl die […]
Tranekatarsis
Tranekatarsis Trane ontlaai die drukkende emosies nes ‘n stoomklep wat open en trane ontsnap uit die oë soos helende balsem vir die verskeurde gemoed en die opwellende snikke en rukkende skouers ontpers trane uit die dieptes van jou sieleleed en biggel oor die wange soos lawa wat diep uit moederaarde se gesmelte buik vloei en […]
my beendere
Geraamte, ‘n raamwerk sonder vlees Almal lyk eenders, roomwit kaal. Bene van my mens Kom laat die lewe vir my vlees aantrek. Laat ervaring my leer Bou my gehue en laat my leef. Blaas my asem in en Laat passie deur my are pols Spier ferm, stokstyf tot euphoria… Beeld geheel, nou vleesig jong jare, […]
Asemloos
‘n Wolk het oor die berg kom lê (selfs wasem moet ‘n rusplek hê) soos ‘n laken oor die lyf van een wat dood is. * Toe huil die wind deur die doringboom (die een waarin die singvoëls woon) en treur duiwe in ‘n beurtsang in die wete dat vuur en vlam en son verdwyn, […]