STORM GEMOED
STORM GEMOED My hart huil taai doringboom gom klewend, trillend van die pyn in my staar ek met dowwe oë die toekoms in verby die hoop van post TB se nuwe begin gedagtes soos krom vinger takke ronddwaal in gange van pynlik onthou verdwaas oor die skielike verlies tog te wagte, maar hoekom so gou? […]
Nooit Weer
Nooit Weer! Die stormseegolwe in jou gemoed is uitgewoed en het bedaar en die hart se onstuimige donderslae is herstel tot sy kalm ritmiese klop, want jy het vrede gemaak dat die verhouding vir altyd verby is en merk ‘n wit vredesduif uitgelaat sweef verby in die bloulug van jou oë en die reënboog oorspan […]
Alsheimer’s, demensie en verlies van geheue
Twee doodsgordyne wat eens oë was verstar sielloos, sienloos verby my blik en eens se lewensglans word dowweglas, tydsamig-gou tot onbegrip verstrik… Verward, verdwaal, het ek toe haar gevind (met min onthou!) in son se bloedig’ heet, haar kaak geklemd en hare ongebind, die rug verkrom …my en my naam vergeet! “Kom help, ek soek […]
Plaveisel Karsinoom (Kanker)
Plaveisel karsinoom (KANKER) Soos diep verrotting in ‘n boom se stam weggesteek agter bas en blaar elke sel geskeer onder dieselfde kam die gif gesaai, vloeïend deur elke aar gekweek in die dieptes van ‘n donker hel sy lyf in ‘n bodemlose put van pyn gegooi is weer-eens ‘n trotse Seder neergefel geluidloos jou vernietigingswerk […]
Omnivoorspons
Omnivoorspons. Mens onthou soms tot ver in die verlede met slegs ‘n geheueskelet in breë trekke want oor die fyner detail het ‘n wasigheid toegesak en jy kyk deur tyd se dof gekraakte glaspaneel – – – Daar was egter gebeurtenisse so skielik en akuut waarvan die impak helder en blywend uitstaan en die trauma […]
INSPIRASIE
Soek my in die klippe waaruit die son selfs die stof laat verdamp. Soek my in die blaar, die bas van die onnuttigste onkruid. Soek my in die grofheid van die fynste korreltjie sand. Soek my in die dorre grashalms wat meesleur in die aandwind. Soek my in die eenvoud, die niks, die altyd maar […]
Demensie
My ma sê sy kan nie uit die huis kom nie want dit vervul jou met angs, en sy vrees dat – indien sy nie vinnig weer tuis kom nie – daar woede en vrae in jou stemtoon sal wees. Sy sê jy het weer in die nag op gestaan – slaaploos, verward en vir […]
Die vierde dimensie
Die vierde dimensie In die skrootwerf van tyd hurk die bejaarde opsigter – sleutels weggepak in oogkaste, hy frons en sluit die melkweg oop. Kraaie sirkel in die roes van eeue ‘n trop wolwe hardloop in die rondte – leisels sekuur aan die sekondewyser, só sleep minute en ure verby. Die man met goudstof in […]
Silwer drade blink en sag ” Demensie”
Vir hierdie besondere mamma mens wat gryp na die mǒre voel die skoonheid in vandag verlore Wens ek kon ‘n nuwe son teen jou hou wanneer die nag kraak en splinter soos glas En jy weet, jy weet tyd verkrummel en spoel die wind soos duine oor die sand Want gister en vandag is nou […]
Jul Oë Het Ontmoet
Jul Oë Het Ontmoet Om lief te hê of om bemin te word deur iemand spesiaal wat jou spesifiek bo almal in die hele wye wêreld raaksien waar hy/sy kon kies en keur maar die oë het op jou kom rus en jul oë het in ‘n magiese oomblik ontmoet – – – Die betowerende […]