HIPPIE LIEDJIE
Die lewe is ‘n hippie liedjie, dit is vol blomme geverf op knop karretjies, dis ‘n bont gedoente met toings en poncho’s. Dis woeste deurmekaar hare, wat orals krul soos hulle wil. Dit word ‘n seisoen liedjie, wat jou longe in suig voor jy die kniee voor liefde buig en met ‘n boks kitaar om […]
PAPPA IS HIER
Loop padlangs, al met die ry bome af. gooi jou oë se kyk met sagte deernis op, na die ente van die groot blaar here, wat trots regop staan. Dan kyk jy na my wandelstok, wat ek met ‘n vorentoe, adelike heen-en-weer, swaai, jou die kuns van wandel leer. Met skemer loop jy lig, met […]
EK WIL KOM KUIER
Mag ek vir jou kom kuier, want die engel voor die poort het my geweier?! Ek wou vir hom skree, “God het jou vir my gegee!” Maar sy ore was doof en sy oë was leeg. Ek wil vir jou kom kuier! God het jou vir my gegee en toe sommer net gevat. Nou staan […]
ALTYD EK EN JY (NO2)
Daar onder by die Wilgerboom, by die blouste blou waterstroom, het ek jou eendag lief gekry, ure later was dit verby. Sonder jou liefde wou ek nie voortgaan, en rede wou ek nie verstaan. Om alleen agter te bly, was geen opsie vir my. Die lewe was te veel sonder jou, die wete dat ek […]
ALTYD EK EN JY (NO1)
Daar onder die Wilgerboom, by die blouste blou waterstroom, het ek een aand my hart verloor. Jy het my so bekoor. My maag het gedraai, jy het my in die rondte geswaai. Ek was verlief, en jy was die harte dief. Daardie aand kon ek nie slaap, ek was bang dis n droom en ek […]
My Ghitaar
My Ghitaar My ghitaar het lank slapsnare klankloos stom in die hoek gestaan geen vlugge grepe en dartelende vingers het sy snare gepluk en gestreel maar ek het hom nou gestem en die snare styf gespan want ek wil vanaand vir jou soos ek lankal wou ‘n hartsliedjie sing, ‘n serenade van liefde en verlange […]
Met vrede en verlange
Groen skemer om my en daarbo die maan spikkel’been worteldiep ‘n nes van sterre om my heen Vandag lyk die wolke skeef in die middel oopgestippel met spierwit vere en kussinkies van vrede Kom herinnering swart en blou so koud in die mǒre so koud sonder jou
AMETIS
“Ametis” het jy gesê toe rinkel klank soos klippieklokkies deur my lyf en kleur my wêreld pers en violet en op daardie oomblik breek die dag se grou en word ‘n vonkeluur vol lank gelede se onthou. * Pa leun teen die deurkosyn in sy hand, ‘n bruin kardoes. Ek laat die steentjies tuimel in […]
MY ENGELKIND
Soos n dief in die nag,het die dood nader gesluip, om ons liefling kind uit ons lewens weg te gryp. Die kanker was vir haar net te veel, sy wou nog hardloop,en buite speel. Die pyn het haar verteer, daar was niks wat ons kon doen om dit te keer. Die pyn was vir haar […]
EENSAAMHEID
Hoor hoe huil die Augustus wind, soos n hartseer,verlore kind. Die geritsel van die blare, die gedruis van die bloed in die are. Dit is verlange wat jou dryf, om jou diepste denke neer te skryf. Eensaamheid wat jou laat dink aan n lee more wat wink. Beloftes van n nuwe dag, wat jou vul […]