Jongste aktiwiteit:

Lede bydraes(Bladsy 114)

    ek mis jou ver onder uit diepste van my hart kom die kermkreet dorre, dooie greep wat krampagtig hartsnare trek waar is jy dan hoe ver wil jy nog gaan verder as verste ster ek mis jou nou en elke laat aand met elke oggendstond kom jou gesig weer met veeg van wind […]

    “Jy is so nieuwsgierig als Aegje van Enckhuysen”   nuuskierige agies kry pyn op hulle magies nuuskierige agies is baie weetgierig en word slim as vroue naam is dit ook iemand wat suiwer en Heilig is ‘n persoon met goeie karakter en baie dapper dalk verkleining van Agatha of Aggie   die burgermeester […]

    vroeg vanoggend steek oostewind sy snoet onder my ooplaatkant in, en vries my arm sodat ek na vuur begin soek   die see se kalm na kouefront oor is bring matigende invloed dit is net sneeu-wind wat aanvoelbaar vel laat krimp   oostewind bring stilletjies sy koue so deur die bergsesloet hoeka bepaal […]

    met gedruis van wind tonge van vuur vul die huis omgelf en deurweek almal met die beloofde Trooster vul hul met Heilige Gees verwarring, verbasing maar; dit was reeds lank gelede deur Joël en Dawid voorspel Jesus se belofte op die vyftigste dag volbring so fokus ons steeds vandag op hierdie Gees wat […]

    ons s’n is nie noodwendig hulle s’n nie pa, ma, kinders, hulle mans en vroue al ons kleinkinders en agterkleinkinders alles in een sin maak mos ons gesin   ons s’n so lank so ver uitmekaar gewoon so baie water in die see geloop nie kleinkinders sien groei nie deel van hul lewe […]

Wiegende wonde Vuurmiere vreet vel en been kriewel en krioel met kouende kake polsend ploeter pyn plofpoppe skiet en skop binne brein grense seer spoel soos in stormwater slote. Smeek en smag na stille vrede verloor vernuf van volle vreugde hunkerende heling hou verby golwe van moederskootgeloof vloei en groei. Vuurmiere waai wiegend in die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed