Samesyn
waar woorde tussen stiltes hang en tyd nostalgies buig voor Moeder Natuur word ons kombers oopgegooi in die arms van die gras en ontspanning daarop neergelê ’n mandjie se deksel kraak ’n mier karwei krummels oor ’n servet ’n by zoem om ’n lepel konfyt ’n broodjie kry sy mosterd waar ’n bottel koeldrank halfpad […]
agie
“Jy is so nieuwsgierig als Aegje van Enckhuysen” nuuskierige agies kry pyn op hulle magies nuuskierige agies is baie weetgierig en word slim as vroue naam is dit ook iemand wat suiwer en Heilig is ‘n persoon met goeie karakter en baie dapper dalk verkleining van Agatha of Aggie die burgermeester […]
st helenabaai
vroeg vanoggend steek oostewind sy snoet onder my ooplaatkant in, en vries my arm sodat ek na vuur begin soek die see se kalm na kouefront oor is bring matigende invloed dit is net sneeu-wind wat aanvoelbaar vel laat krimp oostewind bring stilletjies sy koue so deur die bergsesloet hoeka bepaal […]
vyftig dae gewag
met gedruis van wind tonge van vuur vul die huis omgelf en deurweek almal met die beloofde Trooster vul hul met Heilige Gees verwarring, verbasing maar; dit was reeds lank gelede deur Joël en Dawid voorspel Jesus se belofte op die vyftigste dag volbring so fokus ons steeds vandag op hierdie Gees wat […]
huppel-druppel
piet-my-vrou yskoue druppel hou aan huppel sien-jou-gou ouman kruppel swaar wolke hang oor duin se wang niks meer soepel winter is koud bibber jy voort in lewenswoud © Tearlach.
Tydlose oomblikke
Kom wandel saam met my op saggolwende slingerpaadjies met oneindig draaitjies waar die wind sy snare stem in die rooibruin-sand van duineland dan skryf ek weer jou naam met ’n kameeldoring in die sand waar ewig tydloos lê ons spore saam tussen die duine op ’n rietmatjie onder ’n kameeldoringboom berei ek dan vir jou […]
Wiegende Wonde #brons
Wiegende wonde Vuurmiere vreet vel en been kriewel en krioel met kouende kake polsend ploeter pyn plofpoppe skiet en skop binne brein grense seer spoel soos in stormwater slote. Smeek en smag na stille vrede verloor vernuf van volle vreugde hunkerende heling hou verby golwe van moederskootgeloof vloei en groei. Vuurmiere waai wiegend in die […]
Vlerke.
Vlerke. Die trein fluit altyd om kwart voor sewe in die oggend. Babie weet dit, want sy sit elke oggend op dieselfde afgeskilferde sementtrap voor hul spoorweghuis en wag. Haar twee kaal voete rus op die koel grond, en haar oë, blouer as die somerlug ná ’n bui reën, staar na die horison waar die […]