Nuwe begin
so het ek jou gedroom, gewens dat jy moes kom jou donshaartjies teen my wang jou mondjie soekend teen my bors jou lyfie styf teen my voel alles so bekend kreukel-voetjies wat vêr paaie moet loop vingertjies wat om myne krul en ogies wat opkyk na my noudat jy hier is buite jou beskermde wand […]
Die wonder van ma word
jou bloed vloei in my my bloed vloei in jou my kind van God gekry ek asem jou soet beloftes in jy ontkiem diep binne my groei tot iets amper heilig jy is deel van my ek is deel van jou hier by my is jy veilig ons harte klop as een jou naelstring dring […]
Kunswerk
soos ‘n Hanna het ek jou in my gebede afgesmeek in geheimenis het jy saad geskiet in ‘n heilige oomblik is ‘n stukkie hemel aan my toevertrou ‘n geskenk uit die Vader se hand ‘n kunswerk in verborgenes gebou is jy ons kosbare liefdespand ‘n wonderwerk is voltrek elke vesel van jou het diep in […]
Bloed plasse
Tussen bleek hande en groen sakdoeke tussen die vlees en glas soek ‘n seun in bloed na sy sussie… slaap rustig kinders
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 13
Die loodsvoorman het gesorg dat Tiny die mooiste van die 15Fs kry toe 3205 onttrek is. Alhoewel Tiny in die begin gewonder het of dit die moeite werd sal wees om weer soveel moeite en aandag aan sy nuwe lokomotief te gee was dit seker maar die ou skoling wat na vore gekom het. Hy […]
KATEGORIE: die TAAL – SKRYF en PRAAT. . .
Die TAAL – SKRYF soos jy praat, en PRAAT. . . Is ons tevrede, is ons gedien met die taal wat ons opgedis word – nie díé van mense wat meen, ons taal durf glad nie bestaan nie – maar van die eie afrikaanssprekende joernaliste, uitsaaiers en politici, van predikante en sakeleiers, van boere, ingenieure […]
Vlinder
my begin wurm gering… deur vuil voete getrap voete wat ongeërg wegstap onder blare weggekruip het ek ontluik veilig in my kokon toegevou stil gewag op God vertrou kunstig geweef in verborge geheimenis ontluik tot dit wat ek is ‘n vrou wat lewe dra wat die vreugde en pyn leef van ‘n ma wat geboorte […]
Ons liefde
ons is verlede toekoms ineen ons so saam vir mekaar geleen jy kleef aan my ek is deel van jou ons het mekaar nodig soos plante die reën onvergeetlik mooi ons liefde deur die jare geseën. saam geblom oud geword… rimpels van tyd maak woorde oorbodig
Suur mynwater
Begrawe diep in rotsformasie, is ‘n kluis in aarde toegevou, so kunstig van kristal en klip gebou waar eggo’s klinkel in geheime spasie. In daardie diepte leef ‘n meer. Belowend blink die donkerblou; luminessensie glimmer vrolik flou; die raarste diertjies dans daar sonder kleur. Maar vreemde druppels kom toe vrede dreig. Deur water, suurstof en […]
FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film
FILMRESENSIE: Daai „Gatvol”-film Nou die jaar [2005] het ek die film met Leon Schuster gesien, waar twee mense op ‘n verhoog staan en baklei en mekaar met ‘n kitaar slaan. En wie was in die eerste ry voor in die gehoor? Al Debbo! Liewe ou oom Al Debbo. Bietjie ouer as hy was, maar dit […]