Hy het sy maat gevind
Hy het sy maat gevind Dis volmaan en kort kort vlieg die donker skaduwee van ‘n uil voor die helder maanskyn verby en skielik swiep ‘n vlermuis geluidloos neer op ‘n fladderende mot, en jy trek die kombers instinktief stywer om die skouers en ril by die veraf huil van ‘n eensame jakkals se roep […]
Liefdes-storm
ragfyn madonna in ‘n tafereel van silwer-lila-pienk lig uitgesprei oor blou fluweel lomerig vaak in die arms van die wind iewers tussen wakker en slaap wolkvingers wat jou streel sagte plekkies met oorgawe kus asem wat in holtetjies speel deur jou wese wasem rondings piek na bo as die wind in jou roer waaier jy […]
‘n Ellips soos ‘n deurstopper.
Onderwyl ek besig is met die finale afronding van die gedenkbundel val daar ‘n spaander in die wiele, en moet ek (het nie ‘n keuse nie, die woordgode dwing my) ‘n wyle halt roep en ‘n rubberige saak aanroer. Soos die titel aandui sinspeel ek op die altyd-onnodige-oorbodige ellips wat so maklik aangewend word as […]
Liefdessimfonie
word stil en luister my geliefde na die eggo van ons harte vingers vlinder oor akkoorde speel onbekende note huiwerig sag die melodie stil stom sonder woorde leer ons saam ‘n nuwe lied vingers gly oor harte snare luider klink ons simfonie toegevoude roosknop blare vou oop in prag en glorie ons verdrink in mekaar […]
Vurig vrou
blou teen hemelsblou lê jy daar op sagte sand in rustigheid toegevou versier met wolke van koraal spieëlglad droom verlore ritmies lê jy en asemhaal rustig deinend in jou slaap deur die son gekus deur die wind aangeraak skielik rys jy jou kop uit blou dieptes klim wit strydrosse op deur die wind se sweep […]
Vang’net
Die lewe is ‘n lied waarin die smarttroon van ons skeiding klink waar ons ten einde in eensaamheid vesink
Eindelose wydte
Hou jou hand oor die water hou vas aan alles wat jy kan sien dis in die warmte van jou hart waar ek na jou verlang Kom saam met my op ‘n ruimtereis ek wil die eindelose wydte van my liefde vir jou wys Daar sal ons gly op sonstrale en land op ‘n sekelmaan […]
VRY
Vrye vlug na waters van rus na strome van vrede waar jy lewe vir maaltyd tot maaltyd en die oop blou lug tussen jou vlerke. Onaantasbaar vry van bedreigings en bedriegings en die donkerkant van die lewe wat die swakkes onderkry. ©HMellet
Herfsbravade
Herfsbravade Die getye is besig om hul wagstaanrondtes om te ruil en herfs het pas arriveer en skud hande met nasomer se welkomsgroet wat sommer totsiens sê vir die vroegherfse flambojante kleurvolle intog en selfvesekerde pronkery met sy najaarsblare wat val tot volherfse blaremat… Die flou somerson is moeg en het rus nodig en gaan […]
Lokkende-liefde
met skuimvingers lok jy my saggies nader om in jou vlak watertjies te kom speel skulpies op te tel en geheime te deel jou branders lok my om myself te verloor saam met jou die diepte in te gaan deel te word van jou heiligdom jy fluister liefkosings in my oor laat my op jou […]