Mossie maar man
Mossie maar man Ek lees die gedigtebydraes en en besef hoe wel ter tale meeste is – – – Hulle byvoeglike naamwoorde is so veelkleurig en pronk sierlik soos ‘n pou se pragtige oopgespreide stertvere en skielik voel ek so ‘n vaal ou voëltjie met my beskeie getjirp oorskadu deur hul welluidende woordklanke maar ek […]
Liefde bely in die mooiste neurie-klank
Liefde bely in die mooiste neurie-klank Liefde bely in die mooiste neurie-klank…. Hoe sal dit klink vir jou my lief? Dit sal wees wat ek vir jou wil neurie lewenslank, want my hart is beroof deur jou my liefste hartedief My liefde vir jou lê dieper as die diepste punt van die oseaan. My skatkis […]
Sonnige somer
die temperatuur word warmer donkergrys verander na ligblou die winterreënval raak armer belofte wingerdstokke staan op trou elk’ wingerdblaar groei groen trotse druiwe ruik soetsuur die son bring sonnige seisoen en skyn op wingerde om elk’ uur snikhete was alle vuilighede af sonstrale ontbloot die gees en word nie swaar gestraf, maar versoet die menswees […]
RESENSIE: Oor Mense en Perde, die film
Oor Mense en Perde, die film Gewoonlik verskyn die duitse weergawe van ‘n buitelandse boek of film drie of hoogstens ses weke nadat dit amerikaans uitgegee is. Of hierdie film ooit na die VS van A gaan kom, weet ek nie. Maar in hierdie geval het die vertaling, die verduitsing van die klankbaan twee jare […]
RESENSIE: Die DIEPTE, die film
RESENSIE: Die DIEPTE, die film „Die gebed aan ‘n meeu*” Hoe voel dit om as proefkonyn aangesien te word? As ‘n reeks wetenskaplik verifiseerbare toetsuitslae? As ‘n stuk vleis met fisiese eienskappe en chemies-genetiese beïnvloeding? Dit moet verskriklik wees, maar daar sit ek die einde van die episode vooraan: ‘n Man het iets onmoontliks gedoen, […]
Sonder Jou
Sonder Jou. Jy is die son, maan en sterre, die rigtingwysers van my geestelike bestaan, die suurstofasem wat my borskas laat dein soos die ewig rustelose lewegewende oseaan – – – Sonder jou wankel my skredes, verdof die glansende elemente tot duisternis, en is die ligte van my inspirasie afgeskakel – – – Janetta – […]
Feërie – Snert?
Feërie – Snert? ‘n Moedige skryfster, Ronel Janse van Vuuren (wat origens ook as „Skrywer van die Jaar, 2016” gekies is) bring ons reëlmatig staaltjies en verhaaltjies uit ‘n gebied wat sy „Feërie” noem. Nouja, ons kan dit lees en miskien sê dat dit iets vir die kinders is. Of ons kan brul en tekeregaan […]
Hoe kan ek vergeet
Hoe kan ek vergeet. Hoe kan ek julle vergeet wat my lewenspad gekruis het? Hoe kan ek julle vergeet wat ‘n impak op my lewe gehad het van doodgewoon lojaal tot bogemiddeld begaafd, want vir almal was ek lief op eie meriete – – – Hoe kan ek julle vergeet al die paaie wat ek […]
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 5
HOOFSTUK 5 Kwart voor nege groet Tiny sy kinders en vir Maureen om deur die agterdeur met sy kosblik te verdwyn om sy trein te gaan werk. Die strate is blink en nat onder die straatligte maar Tiny merk dit skaars op. Hy wou gehad het dat sy kinders verder gaan leer na skool en […]
Soos karperde
Soos Karperde Almal dra maskers en verbloem ware emosies verdriet en vreugde is karperde trek saam hang af wie se hand hou die leisels vas want almal dra maskers en verbloem ware emosies en met oogklappe en stang in die bek hou jy emosies goed in toom maar almal dra maskers en verbloem ware emosies […]