Die uitstappie (Brons)
Die uitstappie (Brons) Die groen reuk van mos en die bloedstollende gille vermeng tot ‘n kakafonie van ontwaking. Ek word nie wakker nie, ek skrik wakker. Ek beur orent. Ek het waaragtig aan die slaap geraak hier onder die ruie varings en bome wat hemelhoog troon. Gille? Daar is dit weer! Bernard? Izak? Waar is […]
nooit naak lente (Brons)
nooit naak lente – Brons lente dartel ligvoets … laat winter-lanfer ademloos wanneer haar Namakwa-blomkaros geil, luisterryk ontwaak met arms wyd gesprei verlei sy bloeisel, blaar en blom lente dartel ligvoets … laat winter-lanfer ademloos sy flankeer met vrugbeginsel, tantelant, botterblom en vygie verruklik in (s)lente(r)drag pryk sy sensories nooit naak lente dartel ligvoets … […]
soms (Brons)
soms – Brons soms wil ek my hande in die lug gooi en baldadig sing my jubelklanke teen die melkweg gooi tot ‘n maanligstraal dit weer terugbring soms wil ek hartverskeurend in my hande snik die seer uit my hart ryg en dit tussen die sterre werp om dit vir ewig aan die sekelmaan te […]
Monochroom (Brons)
soms droom ek in monochroom van uitgebleikte vlaktes bloeiselontbrekend en vlinderverlaat wintergrou en naak ʼn eensame voëlverskrikker, sy gehawende jas deursteek met halmpies strooi, bespied die leegheid belangstellingloos en staan skut teen absente voëls. in kort grepe gesels hy met enkele gerwe gedroog en geboë in die wind in die droom word hy omring deur […]
kabriool
in my gedagtes lê die see in polichromatiese kleurskema van koue grys-blou tot olyfgroen met figure wat dans en baljaar op ‘n prettige en vrolike dag eenkant op my duin sit ek op my amorfiese stoel met swaartekrag gekerf uit sand op krabbelende, gekurwende maar tog ergonomies gemaklike patroon voor, lê my bene uitgestrek soos […]
VINGERAFDRUKKE
Vingerafdrukke lê in ‘n doolhof met elke vat skryf jy jou naam dit sê nie wat jou siel skreeu net jou naam in letters van die alfabet net nog ‘n naam wat aan iemand se lippe hang
Verwaaid
skuim baklei oor blou water spoeg wit uit teen blou lug mosselklein klou manne aan boot skede, man die water is woes! wit geverfde woonplekke vervlek gou met swartkolle waar manne vinknes hang in vierkant woonstelle, vrou die beton is hard! in wind swaai vinkneste spatwind blou water strek arm hande wat hulp vra, mense […]
Afrikaans, die taal van die onderdrukker, EN die onderdrukte
(Woordtelling : 789) Taal is nie sommer-maar-net ʼn klomp woorde wat met sekere klanke aanmekaar gestring word nie, maar dit het sy eie geskiedenis. En veral omdat Afrikaans nog ʼn jong taal is, hoef ons die geskiedenis daarvan nie te vreeslik ver in die verlede te gaan soek nie. Afrikaans is oorspronklik deur die […]
hiatus
dikwels vorm die hiatus tussen my gedagtes en woorde ‘n miskombers wat vertolking vaag en moeilik maak die kanker daarvan kan selfs in remissie my goeie bedoeling eenvoudig verydel misverstand kan dit wees slegs minstrele kan dit vertolk op die gondola van my reis en etimologie van my lied. leemtes in […]
Ink dit
Brons kategorie Ink dit delf uit historiese gisters se onthou stof af wat lankal vergete lê onder stof klee opnuut glansryk in helderrooi restoureer tot blinknuut breek dit vars oop… laat dit al bruisend borrelend uitvloei skink dit… proe dit… Ink vars… in Afrikaans ©Magda van der Walt Brons kategorie