Tronkdeure
Brons: Tronkdeure Veroordeelde misdadiger agter tronkdeure toegesluit doen aansoek om parool en somaar gou is hy daar uit. Onskuldig en pligsgetrou godsman en gesinsman. Sy tronkdeure self gebou om die gespuis buite te hou. Die ongeluk in agste laan op die hoek van dertiende straat het die lewenslustige jongman in die tronk van […]
Amper deur die verlede gepootjie
AMPER DEUR DIE VERLEDE GEPOOITJIE . JULIE PROJEK Elsa Maartens staan afgetrokke en staar na die prentjie voor haar. Dis veronderstel om die gelukkigste tyd van haar lewe te wees. Soos ’n net span die pers bloeisels oor die Jakarandaboom, wat hoog die lug introon voor haar tuinhuis. Slap takke buig laag af en […]
FLORENCE NIGHTINGALE JULIE PROJEK
FLORENCE NIGHTINGALE Jullie Projek 1820 se koers, het jy op die aarde neergedaal met jou brandende vlam van hoop. Ek staan en huil, hier in die hospitaal eens trotse baken van die Oos Transvaal waar mens jóú in verbeelding kon hoor loop tussen gewondes, siekes, met die vlam van hoop. Van jou het […]
MY SKANS……………..JULIE PROJEK
V MY SKANS Julie Projek Ek was so seker die muur om my was solied sonder deur of vensterraam selfs die plafon was van sement gegiet niemand sou ooit weer in of uit kon gaan elke hoek sou myne wees van my seer sou niemand weet. hoe het jý dan hier ingekom? Met […]
OM MET ‘n BOER TE TROU
Daar is bitter min jong vrouens vandag wat bereid is om hard te werk. Dit het verskeie uiteenlopende betekenisse. Om met ‘n boer te trou vereis ook harde werk van sy vrou. Die ander aspek is meeste jongmense gee te vinnig op en dan lyk egskeiding geriefliker as om aan hul huwelik te werk. Om […]
WAAR VIND JY GELUK ?
Wanneer ‘n mens gee is dit in oorvloed. Hoe meer jy van jouself gee hoe gelukkiger moet ‘n mens voel of nie ? Mens vind daai warm ekstatiese gevoel van geluk as jy ‘n oophand het of net liefde gee en dan word jy beloon met ‘n glimlag vol dankbaarheid. Hoe meer ‘n mens van […]
Vuurvliegieliefde
splinterdruppels vlammetjies vuurvliegie vlamrooi bakhand vuurtjie uit my hart tongetjie-gloed die saggolwende duinewiegie kletter die stilte van die nagkaros se swart die hand van my hart gloei liefde vir jou splinter-vreugde vuurvliegie die nag vlam-gloei ons kinderdrome hier gebou tonteldoos jou belofte om vir my te wag nou sit ek hier alleen, sterre splinterreën lewenslyn […]
My liefling
kom ons droom weer saam onder die Kgalagadimaan onder die sterre se blink waar die wind se boodskap deur die gras klink waar die melkweg se raam in die spieëls van jou oë baan en ons liefde as kind tussen die duine vrede kon vind waar kameeldorings skadu’s sambreel vlammetjies hardekool ons harte heel en […]
Mei 2024 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS. 1.NO 6 Marthie Joubert met Jy wen GEEN SILWER NO 13 Colin Steyn met Dis is so NO 34 Elize Kruger met Lief soos die Kaap NO 7 Charles Skeen met Gewaarwording GOUD. NO 24 Loretta Szikra met Einde herfs […]
mistroostig
kibbel kabbel reēndruppels teen sinkdak laat spoortjies oor stofbelaaide glas musiek van die wind wat daar waai prent rustigheid in my gemoed gee spoed aan my verdunde bloed kwik sak in rasse skrede fyn sneeuvlokke sif uit die mis land sag op die dorre sand duine klanke van bibberende voëltjies wat nes skrop […]