wintersprokie – ‘n proloog (Goud)
warmgeslaapte nagasem tref en versplinter die vroegoggend winterlug hang vir ‘n wyle damperig rond tot dit koulik wegdryf ryptapyte bevestig: die herfs het gewyk sê met hul diamantglinster dat die winter ‘n sprokie is en die Skrywer daarvan ook die kreatiewe Skepper van stil en ysig-statiese aande en alleswinter tussen-in selfs die doodsheid van die […]
mooi soos die see (Goud)
waar die ebvloed netnou-maar teruggetrek en skulpe broos gelê het wil ek kruisbeen sit en dink aan die ritmiese in en uitasem van die diepsee die pletter-breek van branders teen rots en sand en my spore op die strand wanneer jy vir my sê… sussie vertel vir my iets mooi, toe sal ek jou […]
Johannes, Jani’s – Jani’s (Silwer)
(Ode aan Johannes Kerkorrel) jou Hillbrow se hart lê gestrooi jou ouman se plekkie is leeg sy voetspore stof nie meer nie en daar waar Fontana se hart geklop het is twee staaldeure met ʼn ander naam ʼn ander hart Chelsea Hotel…Taxi’s staan ingeryg flenters – plakkers, gemors jy het vir Hillbrow […]
Soveel dae, soveel dinge
(Woordtelling : 728) Wie sou nou ooit kon raai dat die dag sou aanbreek waarop jou minderjarige kind jou kan aankla en ’n beskermingsbevel bekom omdat jy en jou eggenoot baklei? Dit is seker waar dat ʼn kind trauma ervaar deur dít wat hy in sy ouerhuis waarneem, maar om ʼn bakleiery te rapporteer […]
Artikels, ‘n Bron van Inligting
(Woordtelling : 783) Dit is geen geheim dat die skryf van ʼn artikel direk gemik word op ʼn spesifieke leser nie. Dit is ook ʼn werkstuk wat gewoonlik in koerante en tydskrifte gepubliseer word, geskryf deur ʼn kundige persoon. Dit is nie ʼn storie nie, maar moet betroubare feite bevat om die leser se […]
Die verkeerde Vryheidsfront (brons)
Oom Piet waggel die paadjie af, een hand op die pluiskuil en die die ander op die kierie. Waarom hy nou hier moes kom stem weet nugter alleen! Die ou by die ander stemlokaal het uitdruklik gesê dat hy hiernatoe moet kom. Om een of ander rede is hy hier geregistreer. Daar is ‘n hele […]
Lief soos die Kaap (silwer)
Goud met rooi-oranjeskroei breek die lenteson oor die mooiste Kaap bloesend verfris ontwaak sy uit haar winterslaap ongestoord, in purper maanhaar tuur Leeukop oor die diepblou see op Duiwelspiek pak ‘n engel ‘n spierwit miskombersie in ‘n mandjie net vir twee Tafelberg lê keurig gedek in skakerings van immergroen jou lippe naby myne bedel woordeloos […]
wonder
die winkende sonstrale skeur sag deur miswolke suid-ooster dryf die mis in skifte van gordyne voor vae sig verby swewende gedagtes wat ver in verlede delf bring my by jou gesig lewe jy ooit nog of is jy alreeds tuis met bewerige treë skuifel my bene aan krag lank reeds getem soepelheid […]
Hoe ervaar jy herfs?
Die oomblik wanneer herfs aan ons deur kom klop begin die aarde met transformasie. In die sonnet “Vroegherfs” deur NP van Wyk Louw gebruik hy die beeld van die jaar wat ryp word in goue akkerblare. Watter pragtige beeld roep hierdie woorde nie by my op nie? Kom laat ons bietjie verder kyk na die […]
VERGIFNIS 1805 WOORDE
Swiep-swiep-swiep suis duiwevlerke saggies, hoog bo sy kop. Soos ‘n enkele organisme rek en krimp, maal en beur hulle weer al hoër, net om skielik weer te duik en swiep. Frikkie Basson staan wydsbeen op sy netjiese grasperk, hande agter sy heupe. Hy balanseer onbewustelik sy boepens deur sy rug agteroor te krom. Sy […]