Jongste aktiwiteit:

Lede bydraes(Bladsy 198)

in vele murasies loop ma’s staa dig verflenter verslete honger deur beton flarde stukke wat vermeerder, elke slag harde dop goggas dans om betonblokke hul mae is vol slaankrag en blink loop roedes in koeëlvastejasse ń donskombers bondeltjie warm in koue skraalma arms weet niks van skerppunt ammunisie ditto so ook homo sapiens knus in […]

die anorganies organisme lewendig met elektrisiteit bloed se plastiek dele is aaneen geskarnier vir gemaklike drie dimensiele bewegings en multi afstand sensors skree waarskuwings om die uitvoer van komplekse take te verseker herhalend ongeag die gevolge die tegnologiese ontwikkeling is oogverblindend vinnig die meganika verbeter daagliks en beelde versterk in mega pixelgrepe datagrepe blits Gbps* […]

  dagbreek kom nog swaar reëndruppels verswelg son se strale benat deurweekte veld lenteblomme welk ,verwelk geel wat vrolik bly skyn wit wat toemaak in bitterkoue suidooster en sneeu so breek lente deur, winter se koue sliet nog breek son nie deur kom sal dit kom, weet ek ..maar nou breek ek verys in my […]

algemene kennis is gevorm in oertye geëts op tablette en toe verfyn in oorwoë filosofieë eie kennis is gebore uit voorvader bloedlyne toe jare uitgebou in daaglikse drome opgejaag deur ewige ontydige blase egoïstiese dade is gebaseer op geheuebanke verder aangevuur deur natuurdrange wat daagliks lukraak orals ontpop is dit waar of onsin nou en […]

stadig met die sypel van sand deur die uurglas vul ou vervalle kamers met rooisand die slagaar is afgesny met sugte asem die wind die dorp het leeggebloei net herinneringe rus hier en steeds sal somersmôrens vuurspuwend lig uitspoeg die verf van mure afskil in die plat

      uit die kremetart kom soet water lewegewende vloeistof vir dorstiges . elk positiewe woord het oorlewende krag binne ‘n wêreld oorstelp met pynlike drag   waar mopani se wortels kragtig groei word stompe hout in koolstof verbrand   uit die soetste woordeskat kom bitter krag stuur net jou boodskap met ‘n selfsugtige […]

op blink lessenaar uitgestal lê die ontwikkelingsplan met groen parke, wye strate vir dier en mens is hier blyplek wys my net asb weer meneer die vier kamer uitleg vir vyf opgeskote kinders en gogo moet ook lê meneer in voorstad staan die erfdeel leeg na trek na nog ń beter plek daar bo meneer […]

met die dansende vlamme reflekterend in haar oë kan sy nie help om te dink aan haar inner oorloë   die las wat die verlede oor haar skouers hang is dit moeilik om ‘n toekoms te sien en nie na die verlede te verlang   haar verlede en toekoms in vloeiende ink haar verlede gevlek […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed