My skemerstoep (silwer)
Hier sit ek tussen binne en buite tussen son en maan tussen insig en uitsig tussen gemak en avontuur tussen plig en dogma daar’s net iets aan ‘n stoep wat die lewe weer aanmekaar plak sy hoekies rond maak en die dag se las versag wat die kors van tyd afskil vervloë emosies tydsaam inkatrol […]
toekoms van die verlede (silwer)
toekoms van die verlede met troffel en kwas het ek my woorde strata-strata oopgevee opgegrawe ontbloot gebeitel uit sandsteen en sediment met skoppe en skudskerms bros gebeentes uitgesif gesoek na skinderstories en staaltjies geheime toegespoel onder lae van leef en leed gefossileerde fragmente afgestof vir nog ’n goue renoster (soos die een van Mapungubwe) maar […]
Toe nie heeltemal so gek nie
(Woordtelling : 1092) Die lewe is verseker nie ʼn maklike reis nie, al kan dit nogal interessant wees. Die tuimel trein se harnas word met geboorte vasgemaak en daar gaat jy! Nou moet jy maar net klou deur al die op-en-af gebeurtenisse en hoop dat jy nie in die proses jou uhm, tande verloor […]
TREK JOU KRUISIE
Woensdag 29 Mei 2024 is ‘n belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is wanneer ons as burgerlikes in Suid-Afrika die geleentheid kry om vir ‘n politieke party te stem wat in ons beskeie opinies ‘n verskil in mense lewens sowel as ons land sal maak. Wat het verander vanaf 1994, is daar plek […]
Die gegons oor bye.
Die gegons oor bye. In 2014 het Slowenië met ’n briljante idee te voorskyn gekom. Hulle het ’n idee voorgelê aan die Verenigde Nasies (VN) om jaarliks ’n Wêreld Byedag te vier op 20 Mei. Aanvanklik het daar niks van hierdie voorstel gekom nie, maar in 2017 het die VN die voorstel goedgekeur. Van toe […]
droesem van droes
uit duister spelonke van haat ontspruit speeksel van droes laat dit bitter suur droesem na wat harte en senuwees verwoes uit diepste verlorenheid van gees verskyn duister engele van droes wat kwaad en onreg skuimend skif dan verskyn die skrif aan die muur laat-winters bring droogte van gees siele verdor in krake […]
BIE VIR MY HART HOOFSTUK 12
SY KOM AMPER HAAR MOSES Teë HOOFSTUK 12 Elmey merk nie eers die skoonheid om haar nie. Lusteloos dwaal sy deur die pragtige groot bome wat koelte versprei, die LM gras is lowergroen en vorm n groen tapyt onder die bome. Oral staan daar bankies met tafeltjies vir die gerief van gaste wat wil […]
BIE VIR MY HART HOOFSTUK 11
ELMEY IS WOEDEND…HOOFSTUK 11 “Ag Jirry tog Mme, ry net stadiger, jy gaan ons verongeluk, ek gaan oupa vertel, ry sta-diger!” huil Flora amper. Die hartseer en woede lê vlak in haar gemoed, sy sê niks, byt hard op haar lip. Jaag van gat tot gat. Hy het belowe. Het hy gedink sy kom […]
Vêr verby die somer (Goud)
met die somer aan flarde en die winter in volle vaart is jou bestaan die hittebron van die eerste dag van my lewe in die grouste koudste winter vêrweg verwyderd van my somertroos is jy die kolebed wat my hart ontdooi met jou aanraking so vurig soos die skemerson se strale wat strelend oor my […]
Einde herfs (Goud)
teen einde herfs het ons in dwangakkoord die trekpas betree kort daarna het die kosmosse hulle kleure uitgevee en in die winterveld se doodsbleek agtergrond weggesmelt maar, nog ‘n winter later staar die seer van ons verweer my vierkantig in die oë en laat dit opeens bloupers kosmos kneuse aan die skeurkant van my winterhart […]