Geen Keuse
dae breek oop spat lig op liggame wat lewe inspireer en alles steriel bestraal silika gorrels bou biosfere wat lewe beskerm teen dae wat alles breek materie breek af klein, kleiner tot koolstof wat in swart gatte verval tot suiwer energie daar is geen keuse materie is kompos boustene is as al verskil is tyd
Tye
getye stoot in, uit bietjie hoër effens laer beveel die hemelmaan in ewige oefening sand korrels ontelbaar heen en weer spoel skuimwit met elke golf washand onder lagie sand krukdroog dan sopnat wag skulpbewoners, versekerd van daaglikse brood onder sonskerms room en sambrele lek mense roomyse wat smelt
Goue Drome
die sandvaal noordwes Vrystaat strek oor gras en boere plase te pragtig vir die wat daar ploë die sandklip noordwes Transvaal strek oor gras en delwers plotte ń bestaan vir die wat delf ń vaal stroom skei die dorre sandsodom van ń stofgomorrah en die tweeling streke boer vir daaglikse brood, myn goud as rykdombron […]
SKATRYK
Wat is rykdom ? Sien ons dit as materiële dinge en geld in die bank ? Miskien is dit waaraan baie mense vandag waarde heg. Status word geken aan wit voertuie en hoeveel aardse besittings jy het. Tog in my beskeie opinie is rykdom die spoor wat jy agterlaat . Vir my is dit hoe […]
wat is kleur
rooi is die kleur vir optooi groen is die kleur van jaloesie blou is die kleur van die onbekende geel is die kleur van lafhartigheid pers is die kleur wat gil en jil pienk is die kleur vir ‘n baba swart is die afwesigheid van wit wit is die kleur waarop ons skryf so is […]
Saam gebind
Saam gebind ons sweef op die wieke van die wind in eenheid is ons saam gebind onaangeraak suis ons deur die reënwoud die harmonie van ons vlug in eenvoud die grasieuse span van ons vlerke onvermybaar ooreenstemmende gevoel van triomf wat ons ervaar ure van ons wintersvlug flits genadeloos verby die soel aandlug kan ons […]
Gewasemde ruite
Gewasemde ruite ek voel hoe die donker oor my neerdaal staar met troebel trane deur gewasemde ruite bakhand vang ek ń druppeltjie dou ek skryf jou naam met versigtigheid teen ń gekraakte ruit ek tuur na buite my flenter siel kyk nie op ek wil roep, maar my woorde is min trane dam op in […]
LEER MY
Leer my verstaan, hoekom dinge so drasties verander het. Is verandering noodwendig goed of is jy ook uit die era waar verandering moeilik aanvaarbaar is ? Ek hanteer verandering nie baie goed nie. In ‘n sekere mate aanvaar ek sekere goed, maar dit neem tyd want ‘n mens ontwortel nie maklik nie. Kinders grootmaak het […]
’n Kaalvoet Klonkie
Met ’n verflenterde broekie en geskeurde hempie staan hy daar die seuntjie ’n kaalvoet klonkie snot neusie loop ogies vol hoop wag hy geduldig gedienstig gedweë mevrou so paar pennies ek kyk van die grond af op twee swart beentjies geraamtejies velletjie plek-plek skurf wit armpies en handjies saamgevou om koue uit te hou die […]