‘n Wagtende vriend (Goud)
my huis staan vas, ’n wagtende vriend met deure wyd oop soos arms wat jou innooi die lang gang, ’n pad van fluisterende voetstappe eggo met die ritme van my hart se klop die dak is gemaak van drome – hoog en wyd beskut my teen die lewe se woeste storms die vensters glimlag na […]
AS die skoen jou pas
As die skoen jou pas. Vrouens is anders. Ons is net op ‘n heel unieke manier aanmekaar gesit. Niks werk heeltemal soos die oorsproklike model, die man, verwag dit moet werk nie. Ons huil as ons bly is, ons lag soms as ons boos kwaad is. Wanneer ons iets kry, is dit in ons […]
Sade in die wind
Sade in die Wind Wind en see op dorre land het ek geken. Plant en saai was onbekend vir my. My land bewerk, die gevoel was eg. Gesaai en goed gemaai. Ek het my rug op die wind gedraai. Kon ek maar net na die stemme luister. Op my eie raak ek die pad byster. […]
Geloof hoop liefde en die lewe
Geloof, Hoop, Liefde en die Lewe Iewers het elkeen maar ‘n stukkie donker op hul pad. Geluk kom kuier ook, soos die wiel draai. Soms sien ons, maar kyk nie. Hoor ons, maar luister nie. Trap in dorings, wens vir skoene. Skop hulle weer uit en besluit: dit is nou klaar getrek. Soms soek ons die […]
Tannie met die Bos Hare
Tannie met die Bos Hare Op haar stoep sit sy en gesels met witborskraaie. Ek stap verby. Sy roep na my. “Ja, jy!” Ek kyk om. “Jy loop maar lekker ver met al jou draaie.” “Hoe dan so?” wou ek weet. “Jy dink ek is verkeerd? Jy dra jou dood aan gister. Daar is geen […]
winter (Goud)
elke Junie-Julie-Augustus wanneer die son hom bleek-siek uibloei oor my bloekombos…en my gemoed wanneer die natuur sy winterkleure vereenselwig met my blik op die veld om my verlang ek bib’rend-broos na my klein-kind-winters wat dan so warm en knus was © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026 […]
nalatenskap (Goud)
sou ek nou tot sterwe kom sal niemand sê: …wat ‘n verlies! ek wou haar nog ontmoet… nie ek is g’n woordmeester nie my verse is stil, ingetoë hul grense lê knap en ná aan huis en haard daarom leef daar (nog) geen poëtiese beleënheid in my oë nie ek het geen letterkundige nalatenskap om […]
Onbekende gange
Onbekende Gange Hier in donker gange dwaal ek rond. Skilderye van eens ‘n lewe hang oral teen die mure. Ek struikel rond, my siel is dronk. Môre lê ver, ver weg van hier en nou. Gaan ek weer ‘n lewe iewers kan bou, of gaan gister se mure nog hoër skanse bou? © Ryno du […]