Die Kalahari
sy fluister op die duintoppe skryf haar mites en legendes in die lyne van die wind saans bêre sy stories in die sand wat die dag se voete vergeet het tsammas* groei hier uit verlange waar skaduwees soos mak springbokke wei tussen die vergeetkant van die duine waar die watergate net in halfsinne praat en […]
Vriendskap
soos die lelies van die veld blom vriendskap na eerste reën sonder goeie grond en sonlig kan daar geen kelkblare vorm met gereelde vog wat drup voed die plant sy blare sy wortels word sterk en sy kleure wys dat daar lewe is en gaan wees so groei vriendskap slegs deur gereelde voeding […]
Stukkende voete
Stukkende Voete Kaalvoet op eina-klippers het ek gestap. Snye en stampe opgedoen wat geen pleister kan plak. Voos geloop tot op Grootkop. Hoog geklim om niks van naby te moes sien. Dis die bult van hoop. Of dalk die plek waar hoop ophou. Stukkende voete ken die hitte van warm sand. Goed gebrand en steeds […]
Haasbek
Haasbek Klein en bang, die soet het eindelik my tande kom vang. Dankie tog vir die Tandemuis. Hy bring ‘n geldjie uit sy kluis. O, grote griet! Was dit maar net ‘n melktand gewees.Maar nou is ek bevrees, ‘n vals tand gaan dit moet wees. Haasbek is genoeg vir my.Glimlag sal ek vir eers vermy. […]
Krapperigheid
eensaam op sy duin sit seemeeu en droom dog iets krap in sy kop dit wil net nie stop die golwe sleep wit some uit gereelde klanke verberg nie gedagtes nie vertroue om te vertrou is meestal moeilik vertrou moet soos respek verdien word een byt te veel en vertroue is daaree heen […]
Eden Goud 1105 Woorde
“Hoe vêr nog Pa?” Klein San-Marie vryf haar enkels. Dit is nou al drie weke van ongenaakbare son. Die bandana om haar neus en mond ruik al na sand en stof. Sy trek die breërandhoed oor haar oë. Die son is ekstra skerp vandag. Spikkels snork liggies toe sy aan die leiband pluk. Hy slurp […]
Die windpomp roep my naam
Die Windpomp Roep My Naam Tik-tak, tik. Gesels ou watermaker by die dam. Singend draai die groot waaier in die wind. Op sy tyd pomp hy water van doer ver onder die grond gevind. Die windpomp roep my naam: “Welkom tuis. Hier op geleende aarde sal jy nooit weer vergaan.” Bou nou voort aan weer […]
Julle wat die branders so ry
Julle wat die Branders so Ry Julle wat die branders so ry, eens gelede was oues ook nog vry. Gebaljaar daar waar julle nou oor die branders gly. Son en roomys op die strand. Piekniekbroodjies in die hand.Voete in die sand. Hier op die strand sit ek vandag en dink aan ‘n lewe terug. Jy […]
Wanneer liefde soos wolke om die maan kom hang
Wanneer Liefde soos Wolke om die Maan Kom Hang. Verlief en tog so verlore. Gedagtes raak verbode. Wat as… In soene verdwaal hul. Mooiste woorde beloof hul. Die hier en nou verdoof hul. Sou die liefde soos wolke om die maan kom hang, skyn die naglig die waarheid uit. Al kom daar donker wolke, sal […]
bergrant
waar ek aan jou voete rus jou blou skynsel in my oë is jy van klynsaf heel getoë toegevou in skadus so knus stap ek oor jou hemelboog op voetpaadjies van weleer al word my hart nog so seer kan ek jou prentjie nie afsoog o, bergrant van my hart se […]