Jongste aktiwiteit:

ProjekteJanuarie 2024 – OOP projek(Bladsy 5)

Beste INKers

So breek 2024 aan en is my wens vir elkeen van julle ‘n jaar van voorspoed en guns. Mag elke taak wat jy hierdie jaar aanpak voorspoedig wees, “en tog in die geval waar ons faal, laat dit gebeur terwyl ons uitmuntend strewe sodat ons siele nie tussen die koue en skugter siele sal wees wat nooit oorwinning of nederlaag geken het nie” *.

Hierdie maand is die PROJEK totaal OOP en SONDER ENIGE VOORSKRIFTE.
Konvensionele voorskrifte soos spelling en taalversorging geld egter steeds.

Maak jou skrywershart, in jou eie stem, op jou eie pas en teen jou eie teiken, leeg.

Voortreflike mense skryf in Afrikaans! Innoverende skrywers doen dit, sonder skaamkry of swaarkry tot hul dit klaarkry, in AFRIKAANS.

Lekker skryf.

Skeppende groete
PROJEKBESTUURDER

*Parafrase (vryvertaal) T. Roosevelt “Man in the arena”

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

konflik stof die dorre amfiteater van die Auobrivier binne die ikoon van die son aksie-wolkie die arena vaal-witbruin stof spookasem die wind Blouwildebeeste haka die stilte van die middag soos rugbyvoorspelers in ‘n skrum koppe stamp horings swaai gevaarlik skowwe skuur-snork pote plof-plof die swakste blaas die aftog oorwinnaar kreet die Kgalagadi-haka ——-ooo000ooo——- (©Pieter Mostert)

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed