Jongste aktiwiteit:

ProjekteNovember 2023 – OOP projek(Bladsy 4)

Beste INKers

Sir Walter Scott het gesê : “Novemberlug is koud en somber, Novemberblaar is rooi en droog.”

As ek dit lees is ek intens dankbaar dat dit in die Suidelike-halfrond geheel die teenoorgestelde is. Die lug vir ons is vars en warm en die blare is groen en welig. Dit, vir een, behoort ons opgewonde te stem. Nóg ‘n rede vir ywer en gretigheid is sonder twyfel ‘n oop projek wat voorskrif- en reëlloos is.

Lekker skryf dierbare woordvriende.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Novembergroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

soggens metaal die oossee in blink dagsê ʼn kopergeel sonmantel kreukel sensueel oor die blou selfs wanneer skuimkuiwe soos meringue windklits streel die oseaan se misterie op my kim ontvou kleurspatsels vrugteslaai vrolik in die tuin oasekelkies waar bye met saffraanpofbroekies hommel doudruppels vergrootglas kroonblare in boepenspêrels skatte in oorvloed uit dié seisoen se trommel […]

Genesis In die begin in newels van niks toegevou ‘n entiteit, geen realiteit geen bewustheid en die woord spreek lewend en krag en waarheid, met forsheid en outoriteit in skeppingsbaar ontploffende sluise van gewigloosheid bars vulkaanpyn uit spelonk se maag, vryheid ontstaan in seismiese golwe met elke skuif in die tektoniese laag skeidingsoomblik van donker […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander