‘n Skouerhoogte tameletjie (woord telling 966)
Hier in Ekurhuleni (die ou Oos-Rand) kan ons seker nie te veel kla oor dienslewering nie. Miskien is dit ‘n geval van die padda wat so stadigaan saam met die water warm gemaak word en het ons die geleidelike agteruitgang nie so vreeslik baie agtergekom nie. Die paaie in die dorp self en omliggende woongebiede […]
“Visuele momente in die literatuur”
Ek het onlangs op hierdie ongelooflike skat afgekom op www.litterm.co.za , geskryf deur die uitnemende T.T.Cloete wat handel oor “Visuele momente in die literatuur”. Die dokument is lywig (meer as 4300 woorde) maar dit is waarlik ‘n studie werd. Ek het oorweeg, om ter wille van ty den spasie ‘n kompakte parafrase te plaas, maar […]
Ek wens vir jou
Ek wens vir jou ‘n verbode vrug een uit Oktober (dis mos ons mooiste maand) vol sap en soet goed wat wei in kennis en kwaad ‘n rooie wat vrede kan bring soos Jesus; want mens leef mos net eenmaal een wat soene kan plant op jou ryp lippe om te blom elke keer wanneer […]
Riebeek Wes
Ek het op die hoek van Hofstraat gestaan en snaaks gekry vir myself; ek is pad af, ver van waar ek tuis voel maar hier by Kasteelberg se voet het ‘n ongekende ding my gegroet – ‘n salige vreedsaamheid om die lyf van die mistige horison sonder skaduwees, kronkelpaaie en kwispelende gedagtes – net wye […]
UITDAGING – Wen so! Aandag alle lede.
Daar slaan die ontnugtering my soos ‘n drie-dag-oue-katvis dwars die bek deur. Die lede van INK laat die ink vloei; bouend en verbouend aan majestieuse verse, stories en allerhande ander skryfsels, maar dit wil blyk asof niemand werklik by hulle medelede se werk stilstaan en lees nie. Ek wil ‘n uitdaging rig: kom ons ondersteun […]
September 2018 – Spyse vir die siel uitslae en kommentaar
INK September 2018(Spyse vir die siel) Projek : Uitslae en kommentaar Wenners: GEDIGTE: Goud: Wenner: Carma Shaw – ’n Storie uit Donkerbos 2de: Anzé Besuidenhout – Roete kodes 3de: Carma Shaw – As dit winter in September Silwer: Wenner: Estelle Rubow – Sonnet vir my siel 2de: Caren Kearley – Kos vir ‘n honger siel […]
Here
Here, hoor my roep asseblief! Here, staan langs my asseblief! Here, wees my naby asseblief! Here, ek weet U het my lief! Here, vat my pyn weg asseblief! Here, veg namens my asseblief! Here, beheer my lewe asseblief! Here, beskerm my teen kwaad asseblief! Here, lei my op die regte pad asseblief! Here, wees my […]
KEN JOU KATEGORIE vir plasings op INK
By navraag verduidelik ek graag die verskil tussen verhale, atrikels, rubrieke en gorrels. VERHALE: Dit is belangrik dat jy as skrywer weet in watter klas jou verhaal gesorteer word, met ander woorde, is dit: 1. Roman Die roman is ‘n lang prosaverhaal wat uit kleiner eenhede bestaan waarin die wel en weë van karakters teen […]
Kos vir ‘n honger siel (brons of silver, nie seker)
Ek wil vir jou die somerson se skadu’s bring my bakhand vol soene in jou hart saai kaalvoet oor jou lyf dans en sing en in die soet stiltes van jou siel baai. Miskien kan ek tyd saam met jou versteen of as alles donker raak, vir jou lig plant dalk moet ek net ‘n […]
Augustus Projek: Kommentaar en uitslae
Augustus Projek Kommentaar en uitslae WENNERS: DIGTERS: Goud 1: no 16; Carma Shaw met Haikoe 2: no 28; Carma Shaw met Haikoe 3 3: no 4; Anzé Bezuidenhout met Arabiese lente Silwer 1: no 23; Estelle Rubow met Haikoe 3 2. no 2; Loretta Szikra met Somerson 3: no 14; Loretta Szikra met Vuurdans Brons […]