lig
wanneer lig oplaas in rooi verwelk wanneer wolke saggies blom en styg wanneer nagwinde begin skeurend huil wanneer slaap my siel verdwaas in stilte wendinge van seisoene en getye rek wendinge van die lewenstyd wil krimp wendinge mense verdwaas laat vrees wendinge aarde in chaos laat kantel jou hart wil bewend staak van stres jou […]
GOD SE SONDE TREIN KOM
GOD SE SONDE TREIN KOM God se sonde trein gaan kom by die afgrond gaan almal omkom tik tak word jou sondes opgesom verslae en verstom staan die mensdom kom God op die wit wolke kolom die Hemel gaan erg bewe en brom soos magtige strale wat op ons afkom val mense op die grond […]
Die dood roep my naam
Vir lank dwaal ek rond, wil ek nie glo Met Sy arms oop bekyk Hy my van bo, My lewe is donker deur sondes belaai Doen ek my wil dan het ek Hom verraai; Deur troetelsondes wat my lewe oorheers Soos ‘n universiteits student saam met ‘n beurs, My wilskrag laat my gedurig in die […]
Verlossing
Die openbaring van voorkeur is nie beskore vir dit wat jou laatnag dryf tot slapeloosheid in die middernagtelike wroegings wat ontydig die slaap kom steel terwyl jou drome diep verborge in die ring van die maan loshande hang en vryval af grond toe nie en jy jouself boeglam skrik terwyl jou hart polsend teen die […]
moeë lyf
bo suis die wind in vlae onder ruis geluide in krake bo storm die golwe strand toe onder skuif sand landwaarts op land kom en gaan seisoene plante verweer in droogte blomme skiet op in reën waar lê jou moeë pyne jou wankelende draai of jou verlies aan magnetisme niemand sien jou meer raak nie […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]
Jou grootste vyand is jy, ja jy jouself!
Soms in jou noue ontkomminge baljaar jou tekortkomminge in die aangesig van jou vyand en staar jou vierkantig in die oë want wat’s die doel in verdeeldheid as jy nie kan omsien na jou stryd nie selfs die woorde kan uiter wat jou ingewande doelbewus vreet bitter trane wat vry val na stof bewende hande […]
KANKER
Ek sien my hande maer van te min eet… Ek swem in my klere van die kanker wat my eet. Ek skrik vir die vrou in die spieël haar oë is moeg, haar wange plat haar blink van haar oë, dof Stadig maar seker hou dit aan. Bestralings en chemo’s verlig soms die seer. Vat […]
horison
effens skuins lê hy elke asemstoot ‘n roggel net geraamte van wie hy was vier en trotse regop mens integriteit onbuigbaar swart gordyn haal hom in stadig skuif dit oor sy gelaat dan flikker sy oë weer verby is dit nog nie veg het hy van kindsbeen af veg tot in die laaste loopgraaf veg […]
swart weduwee
sy stem word stil in een enkele gil enkel gil weerklink eenslagtig stil stadig dring dit deur staan sy op en luister geen verdere geluid slegs stilte wat weergalm dan skuifel sy nader nader en sien raak dan klink gil weer op sak sy neer langs hom sy asem flou en weg laaste stem versleg […]