Vrolik speel die handjies
Vrolik speel die handjies vrolik oor die stof vrolik wip die bokstertjies Die voetjies vaal en dof. Vrolik roep die loerie, vrolik blik die dam. Rasend ploeg die trekker, soos ‘n afgeleefde man. Vrolik blaf die honde vrolik lag die vink. Bemoerd pluk ‘n hen haar vere op. Die komposhope stink. Vrolik speel die kind, […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
Graf van onthou
as jy my onder graniet verberg daar waar dit ewig winter is weet net dat ek nie daar in die koue donker rus jy sal my vind in die lag van ons kind in die voëls se oggend-gesang as ons traag opstaan in doudruppels wat in lentelig versplint maar nooit in die winter se donker […]
Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
Tydelikheid
meet tydelikheid teen ewigheid se wig die dood se afskeid ons kers brand gou uit Sy lig verdryf donkerheid haat en verwyt vir ewig
Eendaglelie
ek het bo alles bly glo dat jy wat so lief was vir die lewe sou groei sonder snoei ‘n volle leeftyd met jou takke wyd soos die majestueuse boom reuse teen die hang ek het gesmeek spaar haar… kon nie verstaan waarom jy moes gaan moes uiteindelik aanvaar jy is my eendaglelie jou waarde […]
Verlange
ek wens ek kan die koue weghou keer dat die yswind lêplek in my hart kom vind ek wens ek kan jou weer styf teen my hart vashou tot die ys smelt in blinkend waterstrome die wind huil binne my en buite die son skyn net in my drome my verlange woed oor die grys […]
Donkerkamer
moenie daar gaan nie stap verby die donker kamer van seerkry hou dit donker hou dit dig draai dan om na die lig as jou gedagtes soos ‘n moedswillige kind wegkruip agter mure en jy haar onverwags vind jy weer by die donkerkamer verby moet gaan en die deur op ‘n skrefie oopgaan die moedswillige […]
Prinses van vêr
deur vensters van onthou sien ek jou nou prinsessie fyn saam met jou het jy gebring stories van betowering van paleise as wonings sprokies-tonele prinsesse en konings nou is jy weg kom nooit weer prinsessie klein net ‘n refrein van lewe, lag en pyn iewers langs ‘n verre strand prinsessie-rok om jou gesprei stap jy […]
Waar is jy
ek is deel van jou jy is deel van my wie is ek nou sonder jou? daar is geen woorde wat bestaan om die dood van ‘n kind te kan verstaan daar is geen manier hoe jy kan berus as ‘n deel van jouself dood is waar is ek? waar is jy? jy weggepak in […]