Voetstappe wat was
eers ek nou jy wat agter bly wat deur die komedie-spel moet breek aand -vir-aand week vir week wagtend vraend in die duister na voetstappe wat was sal luister en jouself telkens betrap met ‘n ekstra glasie sap hoor die aanhoudende gepraat van mense raad maar in jou sal dit skree nee nee nee waarom […]
Komediespel
jy vloei in my are gegraveer in my hart in my wese bly ek na jou verlang hou ek aan komedie speel hoor ek jou borrel-laggie jou opgewonde roep “Kyk mamma kyk” ek wil my indink en verbeel dag vir dag dat jy by die huis vir my wag aand vir aand sit ek in […]
Tabernakel
My Jabbok stryd Knieë deur-gebid hoeveel keer het ek nie gepleit selfs toe ander ophou vra het ek voortgegaan gesmeek Here God raak haar aan laat ‘n wonderwerk gebeur want ek glo U kan my smeekbede verstar versplinter in die lug my wonderwerk het ek nie gekry my klein tabernakel is afgetakel dit is verby
Vonnis
‘n vonnis so finaal is bepaal witjas jurie kom na vore liggaam geboë frons tussen oë bekwaamstes staan verslae nog ‘n uitklophou deur die groot K die nuus wat hul dra maak hul goedkoop van regverdigheid gestroop die vonnis word gevel wyd oop poorte van die hel ‘n lewenslange lyding net die dood bring bevryding […]
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
Huppel-kind
my huppel-kind kind van my gees wat was en sal wees blinkend ster wink van ver kwiksilwertjie jy vlindertjie vry snoesige katjie koketterige platjie weerbarstige watertjie wat babbel en skatertjie kabbel oor klippies dogtertjie, my dogtertjie met valletjies en strikkies laggies en drukkies ag as jy maar net kon bly maar ‘n engelvlerk het op […]
NA DIE MOORD
Na die MOORD In die groot sitkamer van die herehuis op die landgoed Beatitúde kom die gesinslede stadig, een na die ander, ingedrentel, sommige ontspand, sommige senuweeagtig. Die inspekteur staan in die dubbelglasdeur en kyk oor die teras op die goudrooie landskap uit. Hy geniet die vars môrelug op hierdie stralende Herfssondag. Momenteel lyk alles […]
Noodlottig beroof
My huis was gesluit jy staan in my knus kombuis voete in my bloed.
NEMER VAN LEWENS
wees my genadig as jou lem teen my keel blink, jy’s ‘n mens nes ek (C) HMellet