Die SKILDERYPRYS
Die SKILDERYPRYS Die Grootprys vir die beduidendste nuwe skildery word toe deur ‘n man gewen wat eintlik glad nie voorgehad het om deel te neem en nie eers ingeskryf het nie. Dis ‘n reeks klein blaaie wat sy vrou ingedien het in die tyd toe hy in die stoepkamerateljee bedlêerig so siek was dat ons […]
Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel; ma is by Jesus. Die mooiste engel – my ma – dit weet ek gewis. En dit troos my hart om te weet ma is veilig; ma is gered. Hy het ma kom haal so onder stille gebed. Ek dink weer aan ma vandag en my vingers – dié […]
Haar naam was ook Saartjie
Voor julle my tot ruste lê laat my kleinkinders kom sing. Moet my nie begrawe nie laat my wegvaar met die wind! Uiter geen hartseer woorde dit sal net heimwee bring. Traanbevlekte blomme sal my nie meer lawe nie… lag liewer saam my soos ń kind! Tiekiedraai my oor n misvloer laat die konsertina sing […]
RESENSIE: Oor Mense en Perde, die film
Oor Mense en Perde, die film Gewoonlik verskyn die duitse weergawe van ‘n buitelandse boek of film drie of hoogstens ses weke nadat dit amerikaans uitgegee is. Of hierdie film ooit na die VS van A gaan kom, weet ek nie. Maar in hierdie geval het die vertaling, die verduitsing van die klankbaan twee jare […]
RESENSIE: Die DIEPTE, die film
RESENSIE: Die DIEPTE, die film „Die gebed aan ‘n meeu*” Hoe voel dit om as proefkonyn aangesien te word? As ‘n reeks wetenskaplik verifiseerbare toetsuitslae? As ‘n stuk vleis met fisiese eienskappe en chemies-genetiese beïnvloeding? Dit moet verskriklik wees, maar daar sit ek die einde van die episode vooraan: ‘n Man het iets onmoontliks gedoen, […]
Kinders van Afrika
sy kom kaalvoet oor die duine van ‘n Weskus-strand en loop alsó deur die sagte (en baie warm) sand om haar enkel is daar ‘n riempie vasgebind met sewe koperkrale om die stringetjie gesnoer sy’t ‘n skerp klip in haar hand en wyl die wind net effe roer breek sy deur die see se branders […]
Rooivlam II
Met die eerste oog op doodslag Dit is vier uur op ‘n koue Sondag wintersoggend, vir een of ander rede kon Johan Van Schalkwyk nie weer aan die slaap raak nadat hy twaalf uur wakker geskrik het van ‘n nagmerrie nie, maar hy lê rustig in sy bed en staar na sy vrou, hy staar […]
RESENSIE: Le Havre, die film
RESENSIE: Le Havre, die film ‘n Skeeps-vraghouer onderwegs na London word per abuis in ‘n Franse hawe afgelaai. Dit word na twee dae eers in die groot houerstapel ontdek omdat iemand ‘n kind hoor huil het. Dis naamlik vol swart mense uit Afrika wat onwettig in England hul geluk wou soek. As die slot stukkend […]
DOOD
Lewe na die dood ’n vooruitsig op siele in nood vir meeste is dit stof tot stof, vir ander ’n bangmaak woord. ©HMellet
VERDRINK
Wilde waters vou my toe sleep my heen met ruwe krag massas druppels pak om my saam druis in my ore, stoot my met die stroom sleep my heen met ruwe krag terwyl ek spartel vir asem druis in my ore, stoot my met die stroom terwyl my voete rondtrap vir vastigheid terwyl ek spartel […]