LAAT MY TOE
Lief, ek wil hoor hoe jou tafe-tefe’s klink – jou heles, halwes, kwarte en agtstes. Ek wil dit op vyf swart lyne en wit blad vir jou ink, en ontdek wat sku-skarrel so in jou gedagtes. My raaiselmens: jou rustelose bladsye klap styf toe as ek jou wil lees. Ek wil so graag luister na […]
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
Liefde onbeskryflik groot Silwer
in die ryptrap van ‘n winterlandskap haar wit gevlekte lyf nakend in die holte voetjies koud en styf haar offer een van liefde in die donker nag se klou lippies wat eens rosig was nou ‘n lewelose blou in die ryptrap van ‘n winterlandskap geen spoor was daar te vind eggo stemme in die donker […]
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
pappa se hand (Brons)
gespe my vas in kepe van wysheid sekuur geanker in die greep van jou ervare palm van leiding eeltgroewe van ervaring geen gety van beswaar maak my moedig; maak my fluks grof met arbeid in voorsoening bereid om my jongboom te buig my held my pa met die uitgly van jou hand kerf leiding en […]
Stille waters Silwer 350 Woorde April projek
Die wilger se takke hang laag oor die rivier. Rippelwatersirkels vorm en klok wyd voor dit stil saam met die vloei verdwyn.Ek sluit my oë. Jou klokkielag sny helder deur die oggendmis. Modderspore vorm waar ons aan die kant van die wal paddavissies met ‘n net probeer skep. Gillend hardloop jy wal op wanneer die […]
Wit geskrik (Silwer) Limeriek April projek
Daar was eendag ‘n man van Phuket En sy vroutjie die fraaie ou Het. Met n skok sien ou Frans Het is eintlik Hans Toe hul skuinslê op die wittebroodbed.
Skatte uit my onthoukissie (Silwer 445 woorde)
Dit was ‘n sonnige Saterdag. ‘n Somersdag ideaal vir saamkuier en piekniek onder koeltebome. Reëlings is getref, kosmandjies vol versnapperings gepak, en die tyd vir ontmoeting by Wonderwaters se Waterpark afgespreek. Die ideale plek vir ons vroue om ‘n blaaskans te kry, bietjie op te vang oor wat in almal se lewens aangaan, en sommer […]
Mensedinge
Woordtelling: 387 Mense is snaakse goete. Hulle baklei en vloek. Hulle dobbel en verkwis geld soos bossies. Party van hulle trou en skei. Sommige van hulle het snaakse houdings. Party is hoogmoedig en andere weer nederig. Tog is almal van hulle deur dieselfde Skepper formeer. Daar is mense wat mooi kan skilder, hulle word kunsternaars […]