soekend
elkeen besit dit elkeen weet dit nie elkeen kan dit geniet elkeen kan dit ontwikkel baie leef spreekwoordelik daarvoor baie het geen besef van die waarde nie baie kan meer daarvan maak in hulle lewens baie kan leer daaruit en hulle lewens versterk die wat dit besit leef die wat dit nognie ken soek die […]
Ek is blou
Ek is blou waterwasem teen die nagster se binnekant My verf loop oor jou sag se vêr Ek wil jou vergeet in geel okkerneut en jou los laat in ‘n ander land se herfshand ©Sonja Peacock
Die wind het nie gewaai
Die wind het nie gewaai daai dag toe jy weg is nie, maar my verf het bly oorloop … oor my pen … oor my woorde … oor my skewe dag … oor my weggesteekte gevoellens … oor my gebreekte hart …. totdat die blousel uit was en daar niks n i k s net […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
wind in my hare
ek soen die wind wat waai my hare ligtelik deurmekaar ek trek op in bloue lug en sweef my hele wese ruik die vars seelug golwe van verandering spoel ek staan vas op my duin Rots waarop ek staan sal nooit vergaan hoe soet is wind koel omhelsing sy hou my vas en dra my […]
Jy was vir my …
Jy was vir my ‘n granaat rooi onder my wal van vergruis Jy’t my hart vertroos met jou purperlied en ‘n handvol hoop vir my saamgebring op jou gebreekte skip Ek was ‘n verlepte son in ‘n verwronge glas maar ek’t jou omhels met my stukkende spieël en al wat ek jou kon bied was […]
Seisoenale metamorfose van liefde
Ek het die lente sien kom met die blymoedigheid van blomme in die hare Die somer het sy son op my bed kom los oopgesprei tussen satyn en samesyn Die herfs het begin terugtrek en sy jas al hoe hoër teen sy ken opgetrek Teen die winter se breek was die landskap toe gesneeu onder […]
deel
meeue op strand deel dit met my en al die ander strandwandelaars golwe wat kom en gaan verstaan wat almal daar bymekaar bring feestyd vir ons wat seemusiek lief fisante sit hoogdrawend en bekyk hierdie besondere opera uitgevoer deur natuur en mense teenwoordig kraaie gil verbaas uit die boomtop eenkant op my duin sit my […]
bonsende hart
liefste marietjie jou mooiste ogies ondeunde vragies jy is my madeliefie liefste melodietjie lokkende glimlaggie heuning soet laggie my mooiste liedjie jy skitter in die aand hart bon-bons saggies liefde gloei vanaand ©Teárlach